Tuis > Geestelike lewe > Lag is lekker en wil jy glo- nogal Bybels ook!!

Lag is lekker en wil jy glo- nogal Bybels ook!!

Dis mos lekker om in iemand se geselskap te wees wat lekker kan lag!!!

Die spreukedigter leer ons in Spreuke 17:22 “’n Vrolike mens is ʼn gesonde mens, ʼn neerslagtige mens raak uitgeput”
Die Bybel verwys op verskeie plekke na vrolikheid, en vreugde. Daar word in die Bybels self baie humor gebruik dat jy maar net kan glimlag as jy dit lees. Okke Jager het destyds ʼn boekie geskryf oor humor in die Bybel. Daar is baie ironieë in die Bybel wat ʼn mens maar net kan laat glimlag.

Om te lag is ʼn voorreg en daar is geen groter medisyne as die natuurlike lag nie. ʼn Hoof van die neurochirurgiese afdeling by Groote Schuur het ʼn klompie jare terug in die openbaar gesê:” Die algemeenste vorm van Lyding is nie pyn nie, maar neerslagtigheid.” Dit is tog ʼn sielkundige feit dat die meeste mense net so gelukkig is as wat hulle hulself voorneem om te wees! Navorsing vertel Omdat ons as grootmense nie so baie soos kleuters nie lag nie -dat ons nie soveel sorgloosheid het nie!

•ʼn Sekere Amerikaanse dokter beweer dat lag jou immuniteit verhoog! Lag help dat ons nie altyd die negatiewe dinge so raaksien nie Dit help om ons positief te kry ! As jy baie lag, verlaag risiko van hartaanval- Jy het lae stresvlakke en beter gesondheid. Dit bevorder die immuniteitstelsel.
Navorsing leer ons dat ʼn Mens wat emosioneel positief is, is iemand wat minder vatbaar is vir fisiese infeksies. Iemand wat positief is, se brein skei sekere chemiese reaksies af wat ʼn invloed op ons gesondheid het! As jy baie lag kan dit jou bloeddruk verlaag.
As jy baie lag kry jy natuurlik ook goeie oefening in en dan is lag nog lekker ook! Oefening: 20 sekondes se uit-die-maag lag = 3 minute op `n roeimasjien.

• Ek het iewers gelees ” Vertel `ʼn grap en jou linkerbrein werk – “vang” die grap, begin lag en jou regterbrein werk” . So ʼn humoristiese benadering tot jou probleme sal jou kreatiewe oplossings laat vind! Daarom is ʼn mens baie kreatief as jy laf raak! Dit maak jou meer plooibaar om jou eie probleme op te los. Oop vir ʼn veelheid van moontlike oplossings. Lag help jou om die ander kant van dinge raak te sien!
Lag het ʼn teenoorgestelde uitwerking het op mense as stres en spanning- selfs vrees !. Lag los nie altyd jou probleme op nie. Dit help jou om jou probleme positief te hanteer. Dis wonderlik dat die Here vir ons gemaak het om te lag. Hy het geweet hoe nodig ons dit sou hê in al die spanning en bekommernis waarmee ons moet saamleef!
Dit is hoekom -elke keer as daar ʼn groot ramp was, net die volgende dag is daar stukkies humor wat hieruit ontstaan!
Gal 5 praat van die vrugte van die Gees – dan is blydskap, vriendelikheid, vreugde en goedhartigheid deel daarvan. Dit alles het te doen met die vreugde en blydskap van die lewe. Daarom is dit so goed om te lag. Dit help ons bly wees en vol vreugde leef!

As jy vrolik is beteken dit natuurlik nie dat jy ligsinnig moet wees nie. Ligsinnigheid is om die sin van die lewe nie ernstig op te neem nie en van die lewe self ʼn bespotting maak. Goeie humor het niks met ligsinnigheid te doen nie. Iemand kan ernstig wees en ligsinnig wees. Ligsinnigheid het niks met lag te doen nie. So laat niemand jou vertel jy moet nie so baie lag nie. Jy moet glimlag, lag, want die Here het die lewe se vreugde vir ons gegee om te geniet!!
Paulus gee in Fil. vir ons ʼn opdrag om bly te wees. Hy wil natuurlik hê ons moet blydskap uitleef omdat Jesus ons gered het van ons sonde. Ons blydskap in Jesus behoort te maak dat ons makliker lag. Hoe meer ons lag hoe meer gaan ons geestelik gesond wees!

  1. magda
    24/05/2010 om 16:14

    Kan julle dalk help? Bybel-vasvra vrae met ‘n “kinkel in die kabel” bv. wie was Moses se pa? Hy self, totdat hy skoon is. Het dit nodig vir Gemeente aand.

    Like

  2. BB
    26/05/2010 om 11:22

    Wee’ jy wat doom? Ek dink regtig soms giggel God ook maar lekker oor ons… ag, eintlik wens ek Hy doen. Wat met al die seer en pyn en lyding en oorlog en rugsteek en skindery wat Hy elke liewe dag witness, wens ek Hom dit eintlik toe – dat Hy ook somtyds ligter oomblikke het…
    Wat ek eintlik wou sê is dit: ek glo beslis dat God ons joyful wil hê – juis omdat dit o.a. gesondheid positief kan beïnvloed, omdat dit ons medemens kan ophef, omdat dit ons op ‘n manier minder egoïsties maak – joy is mos iets wat mens wil deel – en hoe minder ons altyd op onsself en ons issues fokus, hoe meer geleentheid (en ruimte) is daar vir Hom om Sy werk te doen. Joy, soos enige ander emosie, word vergroot en gemultiply wanneer ons dit uitdeel.
    Net jammer dat ons hartseer en depressie en teleurstelling soms gretiger deel as vreugde – en hierdie emosies netso groei en multiply, as ons daarop fokus…

    Like

  3. Q
    26/05/2010 om 23:00

    Magda Ek het regtig my gedagtes laat gaan, maar ek sukkel met die een. Al een (met ‘n kinkel) wat ek onthou is een iewers in Numeri (nou te lui om te gaan soek) wat die ou engelse vertaling die eerste keer van Formule 1 wedrenne praat. Dit het iets soos volg gelui” And Moses came forth in his triumph” (“sic”)

    Like

  4. Q
    27/05/2010 om 10:52

    BB Vreugde en joy, maak ‘n mens ook nederig- As ons vir ‘n slag net vir onsself en ons eie dinge wil lag. Lag oor ons eie onbehopenheid, lag oor ons eie verleentheid – sal ons baie beter deur die lewe gaan. Ons is soms liggeraak en kleinlik , net om onsself te beskerm- In plaas daarvan om die lewe ligter op te neem. Miskien deel ons ook ons vreugdes te min met mekaar – Ons besoek mekaar altyd as dit sleg gaan, maar min as dit goed gaan. Ons moet dalk ‘n groter ophef maak van die positiewe dinge wat met ons gebeur, as die negatiewe dinge! Dankie vir jou opmerkings– dit is verhelderend!

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar