Tuiste > Gebed/Spiritualiteit > Jesus en Gebed

Jesus en Gebed

Dikwels vra mense die vraag : Hoekom bid ons nou eintlik? Ek dink die beste antwoord op die vraag is heel eenvoudig. Omdat gebed vir Jesus belangrik was!  As dissipel van Jesus wil ek Hom dit graag nadoen!

As ons volgelinge van Jesus wil wees, dan moet ons ook leef soos Hy. Gebed was vir Jesus ontsettend belangrik. Jesus het altyd sy Hemelse Vader se raad deur gebed gevra. Dit is opmerklik van Jesus se dertig jaar op aarde  is dit net by drie van die geleenthede wat genoem word, dat Jesus bonatuurlike bemoediging ontvang het. Die res van die tyd het Jesus vir geestelike versterking staat gemaak op dieselfde hulpmiddel as ons, naamlik gebed. Jesus het gebed beskou as die bron van krag. As jy dus ooit gewonder het of gebed belangrik is, bestudeer die gebedslewe van Jesus.
Hy het die boodskap van Joh. 5:19 en 30 uitgeleef “.. Die Seun kan niks uit sy eie doen nie…” Hy het altyd met enige besluit eers tot sy Vader gebid.

Jesus het die goeie gewoonte gehad om  voor al die belangrike geleenthede altyd te bid. Die aand voor sy keuse van die twaalf dissipels bring Hy ʼn hele nag in gebed deur (Luk 6:12,13). Voor die berg van verheerliking het Hy gebid. En veral toe Hy voorberei voor sy vertrek van die aarde af!
Hy het intens gebid voor sy versoeking in die woestyn. In Getsemane word sy uithouvermoë tot die uiterste beproef. Hy het 3 keer in gebed op die grond neergeval. Van sy 7 laaste woorde wat Hy aan die kruis uitroep is ten minste 3 gebede. Jesus leer ook sy volgelinge die Onse Vader gebed, wat ons almal gereeld bid.
Gebed is deel van Jesus !

Dis vir my opmerklik dat  Jesus gebed ook gebruik het as ʼn soort kragherlading. Na ʼn vermoeiende dag van die sy bediening, saam met sy dissipels, sy werk by skares, siekes genees ens, het Hy hom afgesonder en gebid. Jesus bid dus ook om sy kragte te herlaai na ʼn besige dag.

Wat my verder opval in die gebedslewe van Jesus, is sy gebed in die nag. As Jesus se vol en uitputtende openbare optrede Hom besig hou en die skares eise aan Hom gestel het, het Hy hom altyd in plekke teruggetrek om te bid -al was dit in die nagte! Hy het dus tyd gemaak vir gebed, al was sy program hoe vol.
Maar u moet daarop let dat Jesus selde vir homself iets vra in sy gebede Hy bid dikwels vir ander mense of vir die saak en eer van God. Hy spreek die seën uit op die kindertjies wat na hom gebring word. Hy bid vir Lasarus se graf. Hy bid vir sy dissipels en die kerk in Joh. 17.  Jesus se laaste gebed was juis vir ander mense – die mense wat Hom gekruisig het! “Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”

As jy ‘n dissipel van Jesus wil wees kan jy gerus die goeie gewoonte aanleer om gereeld te bid, want Jesus het dit gedoen, Hy het dit gedoen toe Hy in nood was, toe Hy bang was, toe Hy wysheid van sy Vader nodig gehad het. Hy het gebid toe Hy moeg was, toe Hy geestelik uitgeput was. Ja Hy het gebid toe sy medemens in nood was Hy het min dinge vir Homself gevra, Hy was altyd ingestel op die wil van sy Vaer en vir sy liefde en omgee vir ander mense!

As gebed dus vir Jesus belangrik was – dan moet die een van die belangrikste sake wees in elkeen van sy volgeling!

  1. 31/03/2010 om 11:48

    Sjoe. Miskien moet ons bid, Quintus, dat ons weer ‘n nasie van Gebed word. Want jy kan nie bid sonder om gelowig te wees nie. Deur ‘n gebed te uiter, erken jy tog daar is ‘n Hoe”r Hand?

    Dis vir my altyd ironies hoe gou mense wat niks van Jesus wil weet nie, begin bid as die nood druk.

    Krag vir jou!

    Like

  2. Q
    01/04/2010 om 08:54

    Ek stem- ‘n Mens se gebedslewe openbaar hoe jy oor Jesus dink. As jy net in nood bid – het jy ‘n spaarwiel geloof (jy gebruik dit net in nood) So ‘n geloofslewe “werk” net nie . Hoe meer jy bid – hoe meer besef jy, jy is van God afhanklik en nie van jou eie dinge nie. Dalk het ons “nasie ” begin dink – ons is goed genoeg om sonder die Here (en daarom sonder gebed) alles aan te pak. En op ons eie, maak ons op die beste, ‘n lekker gemors van dinge!!!!!

    Geseende Paastyd

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 266 other followers

%d bloggers like this: