Tuiste > Gebed/Spiritualiteit > Kan gelowiges mekaar se hande los en steeds ’n Coram Deo lewenstyl hê?

Kan gelowiges mekaar se hande los en steeds ’n Coram Deo lewenstyl hê?

In sy boekie “Signposts to Spirituality –towards a closer walk with God beskryf Trevor Hudson die belangrikheid van die familie van God. Hy sê vanaf die oomblik wat ons besluit het om Christus te volg, is dit duidelik dat ons dit nie alleen kan doen nie.

Die teelaarde vir geestelike groei is die gemeenskap van gelowiges. Dissipelskap en ’n verdieping in jou verhouding met God geskied byna altyd deur die gemeenskap van die gelowiges. Kortom – ons is nie gemaak om as Christene alleen te leef nie. Ons is ook nie gemaak om Satan alleen te beveg nie! Om te weet dat ons as gelowiges aan mekaar behoort is essensieel vir ‘n lewe voor God!

Oor hierdie helder boodskap van die Bybel kan daar min twyfel wees. Ons as gelowiges is gemaak om saam teenoor die wêreld te getuig! Ons kan nie vir God op ons eie probeer aanbid nie – daarom is die kerk so belangrik vir gelowiges!

Jy het ander gelowiges nodig. Dit is soos die kole by ‘n braaivleisvuur. As jy een kooltjie alleen eenkant toe skuif, gaan hy gou dood. Die ander kole wat bymekaar is bly baie lank saam warm en saam kan hulle die vleis gaarmaak. Saam is ons ons beter is die titel van Rick Warren se Veertig Dae(Deel 2). Ons is eenvoudig nie gemaak om God alleen te dien nie. Die wêreld het die gesamentlike getuienis van gelowiges nodig. In Joh 13:35 verklaar Jesus dat die grootste getuienis van gelowiges teenoor die wêreld geleë is in hulle openlike liefde wat hulle vir mekaar het! ’n Lewe voor God is dus ook ’n lewe saam met ander gelowiges.

’n Coram Deo lewe is ’n lewe waar gelowiges mekaar se hande vashou, dit styf vashou en mekaar nie los nie. Omdat hierdie gemeenskap van gelowiges so ontsettend belangrik is, is dit vanselfsprekend dat Satan dit gaan probeer breek, dat hy alles in sy vermoë gaan doen om die eenheid tussen Jesus se volgelinge te verbreek.

Die gebeure die week op kerklike front het my baie diep geraak!! Hoe is dit moontlik dat broers en susters van dieselfde Christelike familie, getuienis en belydenis – dit kan waag om ‘n ander se hand te laat los of toelaat dat jou hand deur die ander gelos word. In so proses is daar net een oorwinnaar en dit is die vyand van Christus! Ons gaan sukkel om as familie elkeen alleen voor God te probeer wandel. Broers en susters wat teen mekaar sondig en wat mekaar soms seermaak, het een troos. Hulle is familie en hulle weet: waar bloed nie kan loop nie, daar kruip dit. Ja, bloed is dikker as water. Die bloed van Jesus Christus bind sy familie aan mekaar. Dit behoort dikker as wêreldse bande en verskille soos kleur en tradisie te wees !

’n Coram Deo lewe voor God kan nie gebeur as broers en susters van dieselfde familie mekaar los en alleen probeer leef nie. Ek bid vandag dat Christus se bloed sy familie se sonde onder mekaar en teenoor mekaar, sal skoonwas. Ek bid dat Christus se familie meer begrip en deernis met mekaar sal hê – dat die broers en susters van Jesus se familie na mekaar sal luister en dat hulle in sy Naam mekaar nooit sal los nie, maar dat sy gekruisigde hande genesing en eenheid sal bring – waar die wêreld om verdeeldheid skree!

Kom ons pleit by ons Hemelse Vader dat Hy sy kerk – die gemeenskap van die gelowiges, bymekaar sal bring – sodat die wêreld kan glo !!

Quintus

  1. admin
    07/10/2008 om 09:56

    Beste Vriend,

    As jy tuis voel in ‘n meditatiewe stiltetyd, gaan kyk gerus na die volgende. Om af te laai, regskliek op datum en kies “save to target”. Kies dan plek (bv desktop). Luister net na een (paar minute) voor jy besluit.

    http://www.pray-as-you-go.org/

    Groete
    Schalk Kotzé
    Oudtshoorn Moedergemeente
    0836557930
    swk@mweb.co.za

    Like

  2. Quintus
    07/10/2008 om 16:23

    Ek het na die website se gebed geluister en kan dit aanbeveel. Dit is werklik iets besonders. Vandag (7 0kt) hanteer hy die teks van Luk 10 – die verhaal van Martha en Maria.

    In sy boek “Dialogue with God ” gebruik Mark Vinkler hierdie gedeelte om ons bewus te maak dat ons meer na God moet luister te midde van die besige lewe. Hy skryf op grond van hierdie teks ‘n hele gedeelte om weer die dialoog en gemeenskap wat ons met God moet hê uit te lig. Hy gebruik die huwelik as metavoor (wat die Bybel mos baie gebruik) om ons gemeenskap met God uit te lig.

    ” I did not marry my wife so that she would serve me. I married her so that we could be together, enjoy each other’c company, and share our lives. What I want most from my wife is not her service or her obedience but her love. Jesus is the bridegroom of the Church. He is not married to her primarily so that she may serve Him, but to share His love.”
    Voorwaar iets om oor na te dink!!!

    Quintus

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: