Tuiste > Gebed/Spiritualiteit > Soek jy groei in jou gebedslewe?

Soek jy groei in jou gebedslewe?

Soek jy groei in jou gebedslewe?

Hoe moet my gebedslewe lyk? Dit is ʼn vraag wat dikwels gevra word. Patric Comerford (Ierse Anglikaan) het hieroor die volgende geskryf : “ Only the Holy Spirit can guide us to pray as we should. Just as a child learns to walk by walking, one can best learn to pray by praying, trusting in the help of God.”
Hy noem 16 verskillende sake hoe ons in ons gebedslewe kan groei en ontwikkel.

1.    Oordink goed jou eie benadering tot gebed: Is jou hele wese in jou gebed of is gebed slegs woorde?   Dink goed oor die intensie van elke woord wat jy bid.
2.    Bid gereeld en aanhoudend: Moenie jou gebedslewe afskeep of dit as vanselfsprekend aanvaar nie. Gebed     is ʼn geloofsdissipline.
3.   Bid volgens ʼn vaste patroon: Gebruik ʼn daaglike roetine en jou gebedsdissipline sal ontwikkel. Maak     gebruik van gebedeboeke en die Bybel en bid gereeld daaruit. Jou daaglikse gebedstye is ʼn unieke     geleentheid om die eenheid van die breë kerk te beleef en te groei. As jy die Psalms bid, sal jy nie     net self geestelike gevoed word nie, maar ook die gemeenskap van die hele kerk ervaar van almal wat     dit bid.
4.    Besef die waarde van stilte: Stil tye help jou om nuut met die Here te praat en na Hom te luister.     Gebruik gereeld stiltes in jou gebede. God moet kans hê om jou lewe te verander!
5.    Gebruik gereeld die sakrament van die nagmaal: Dit is ʼn sakrament van versoening en troos. As jy soms     skuldig voel omdat jy te min bid, sal die nagmaal jou help om in gemeenskap en dankbaarheid teenoor     God te groei.
6.     Moenie net die Bybel bestudeer nie, maar bid terwyl  jy Bybel lees
7.    Dink eenvoudig en gebruik eenvoudige woorde: Gebed is nie ʼn teologiese oefening nie.
8.    Wees bewus met wie jy praat: Praat jy met jouself of praat jy met God as Vader, Seun en Heilige Gees?
9.    Kry vir jou ʼn afgesonderde plek om te bid: Skep vir jou ʼn plek en atmosfeer waar jy weet jy jou     gedagtes sal kan fokus. Dit kan enige plek wees, waar jy weet jou aandag die minste afgetrek sal word.
10.   Let op jou gebedshouding as jy bid: Jou houding vertel iets van jou hart.
11.    Maak gebruik van gebedshulpmiddels: Die Bybel is belangrik. Dit help ook as jy kerse, kruise, ens     gebruik.
12.    Gebruik verskillende gebedstyle, dit sal jou geestelike lewe verryk. Daar is baie style soos Lectio     Divinia, meditatiewe gebed, ens.
13.    Bid as jy nie in staat is om te bid nie! Dit is veral as jy sukkel om te bid, dat jy wel moet bid.     Daarom is dit goed om gebede uit jou kop te leer om jou in moeilike tye te help.
14.    Dink daaraan om te sing as jy bid: Augustinus het gesê: ” Hulle wat sing as hulle bid, bid twee keer!”
15.    Leer en help ander om te bid: As jy in jou gebedslewe wil groei, moet jy ander leer om te bid!
16.    Hanteer jou gebedshindernisse: Baie keer begin mense met groot entoesiasme bid, net om later daarmee     op te hou as hulle sukkel om te fokus of enige ander hindernis ontwikkel. Tot 80% mense sukkel     hiermee. Byvoorbeeld: As jou aandag maklik afgetrek word, wees eerlik daaroor en probeer iets     daaromtrent doen. Moenie ophou bid nie!

Daar is aspekte van gebed waarmee almal nie noodwendig gaan saamstem nie, maar die wonder van die Christelike gebed is, dat dit universeel mense uit verskillende geloofstradisies aan mekaar bind en vir mekaar iets leer.

Mag julle geseënde Pinkster beleef

Quintus

  1. Chris Steyn
    30/05/2009 om 08:08

    Gebed is vir my ‘n kuier van God by my. En ek kan dan saam kuier, met als wat gesonde saamkuier behels. dis net soos in die verhaal van die eerste mense waar die Here die handelende party is en elk eaand as die aandwind begin ronddans, saam met Adam en Eva gekuier het. Wanneer ek soms erg verdwaal raak in my eie of kerklike issues, weet ek Hy gaan getrou kom kuier en sal ook na my soek waar ek dalk wegkruip, verdwaal is en my soos ‘n herder terug lei na waar ek “moet” wees – waar ek tuis is en tuis kom. dus: dis Hy, maa rnet Hy en sy amazing karakter wat my gebedslewe laat groei.
    Loop maar katvoet vir eie pogings en idees wat jou as mens in die sentrum van die groei plaas – dan word jy die handelende persoon en God passief ontvanger. Dis slegs omdat Hy n amy kom soek, by my wil wees en is, dat ek kan bid, wil bid en hopelik sal bid

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: