Tuiste > Geestelike lewe > God verras ons met sy liefde!

God verras ons met sy liefde!

Dit gebeur soms dat ʼn mens na jou omstandighede kyk en dan net die slegte raaksien, want dis al waartoe jou geestesingesteldheid jou in staat stel. Die week vra ʼn vrou my waarom dit dan lyk asof God net die hardheid van die lewe vir haar wys?

Dis sleg as mense net die seer van die lewe raaksien omdat hulle oë op stadiums nie in staat is om verder te kyk nie. Dit is eers as jy slaag om anders te kyk dat jy God se hoop en liefde raaksien. Dis eers as jy deur die oë van geloof en gebed kyk, dat jy dit regkry om anders te kyk na die werklikheid.fancy-fish19

Ek was bevoorreg om in die Rooisee te snorkel en die asemrowendheid van God se skepping te bewonder. Op ʼn stadium swem ek nader aan ʼn growwe koraalrif en wonder in my stilligheid hoe die rif my voet kan sny as ek daarop trap. Toe ek naderkom skiet ʼn skool hemelblou vissies uit die rif. Uit die skerp koraalrif kom daar toe die mooiste lewe! Dit lyk soms of die lewe ʼn skerp koraalrif na ons draai.

Sodra jy leer om anders daarna te kyk – met ander oë daarna te kyk – sien jy ander dinge raak. Dan verras God jou op die vreemdste plekke met sy liefde. Soms moet ons juis nader aan die hardheid van die lewe kom om weer te leer om ander dinge raak te sien as wat ons normaalweg sou sien!

Gebed leer jou om anders te kyk – ander dinge raak te sien. As ʼn mens bid, begin jy deur die Gees se oë na die skerp koraalriwwe kyk. Dan staan jy soms verras hoe God se liefde daar teenwoordig is !

KategoriëGeestelike lewe Tags: , ,
  1. Martin Geustyn
    14/10/2009 om 12:16

    Ja, dit is baie waar. `n Mens word so vasgevang in pyn en swaarkry dat dit nie eers in jou gedagte kom dat die Here jou sal help nie.
    Ek iets baie sinvol gelees, “Om spanning te voorkom is makliker as om dit te genees.”
    Is dit nie makliker om die swaarkry en pyn wat ons elke dag saamdra met die Here te deel nie?, as jy dan weet Hy dra saam met jou maak dit net alles soveel makliker.
    Daar is soveel mooi wat God vir ons gegee het om elke dag te aanskou en met `n oopmond uit verbasing te weet dat net God se hand dit in plek kon sit.

    Ek sien elke dag hoe die Here deur gebedsversoeke mense in plek sit om ander se las te help dra en hoe Hy dat kom en gebede verhoor, soos die pragtige blou vissie wat uit `n rowe koraalrif te voorskyn kom.

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: