Tuiste > Flieks > Invictus het my geraak

Invictus het my geraak

Met groot opgewondenheid het ek en vroulief en een van my dogters Vrydagaand in ‘n ry gestaan om die fliek te siene te kry. As ek Januarie terugkom is ek bang hy wys nie meer nie.

Ek het met gemengde gevoelens gaan sit en wag en aan ‘n smulding gekou. Die byna vol gehoor was baie gesellig voor die tyd en jy kon hoor hulle is lus vir kuier.

Toe begin dit – ons word stil en begin die gesk. indrink soos dit vir ons geskets word. Gekiedenis is mos ‘n wonderlike ding. Jy hoor dit altyd uit die oogpunt van die verteller. Ten minste was die vertelling  feitelik redelik korrek!

Ek het die film baie geniet-  net ‘n paar opmerkings:

* Ek dink hulle het Francois Pienaar as introverties/stug uitgebeeld wat hy beslis nie was nie (later het ek gehoor dat die reggiseur vir Matt Damon so min as moontlik laat praat het, omdat hy sukkel met Afrikaanse aksent).

* Morgan Freeman speel die rol van Mandela baie goed. Hy gee die nodige waardigheid en gesag aan die rol. Die fliek gaan uiteindelik maar oor Mandela se aandeel in Suid Afrika se vreedsame oorgang.

* Ons rugby word as gemiddeld uitgebeeld en miskien moet ons daaraan getroos word dat die fliek rugby gebruik , maar nie eintlik oor rugby gaan nie.

*Die simboliek van die fliek was treffend. Hoe wit en swart deur ‘n gesamentlike rugby-oomblik beter begrip vir mekaar kry! Die vermaaklikste beeld was die van ‘n swart seun wat saam met die polisie rugby luister- Vermaaklik , maar met soveel deernis gedoen!!!   Die fliek gaan om hoop !! As ons terugdink , was dit nog altyd ‘n storie wat gewag het dat iemand dit moes vertel.

Vir my jongste , was die fliek ‘n “eyeopener” Hoewel sy gesk op skool gehad het , was die detail van die politieke oorgang en redes vir blanke vrese nooit verduidelik nie. So dit was weer ‘n nuwe gesprekspunt om balans en kennis in haar perpektief te bring.

Natuurlik het die hele “eindstryd” baie herinneringe teruggebring. Elkeen het teruggedink waar hy op daai stadium in 95 was!

Wel ek was daar op Ellispark! Ons het saam gejol en gejuig en gesing en gedans! Dit was ‘n ervaring van ‘n leeftyd! Iets wat ek nooit sal vergeet nie !!!

Ek sou die fliek aanbeveel. Dit is ‘n goeie fliek wat met deernis , vergifnis en opregtheid uitgebeeld word.

Dis een van daai flieks wat ek agterna sal wil koop om weer te kyk ! Ook om te bewaar – omdat dit gaan oor ‘n land waarvoor ek innig lief is !!!!

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: