Tuiste > Geestelike lewe > Wil jy verander?

Wil jy verander?

Dikwels sien ons onself voor ‘n geestelike spieel en hou ons nie van wat ons sien nie. Ons dink daaraan om lewens -aanpassings te doen, maar dikwels bly dit net by voorneme.

In Max Beerbohn se   “ The Happy Hypocrite” word ‘n baie interesante verhaal vertel :

Die heer George vra vir Jenny (aktrise) na haar asemrowende verhoog optrede, om met hom te trou, maar sy is slegs gewillig om te trou met ‘n man met die gesig van ‘n “heilige”. Terleurgesteld dwaal hy deur die strate en kom op ‘n masker af wat lyk soos die van ‘n heilige (wat die merk van ewige liefde dra). ‘n Ander man -La Gambogi – (die jaloerse een) sien hom by die maskerwinkel in en uitloop met die nuwe gesig. Hy konfronteer hom,  maar George maak of hy hom nie ken nie(hy het mos nou nuwe gesig). Die “nuwe” George (met die maskergesig van ‘n heilige) ontmoet weer vir Jenny na ‘n konsert en vra haar om met hom te trou- en sy willig in. Hy teken die register as George Heaven. Hy verander sy lewe en begin die lewe van ‘n heilige leef. Hy maak reg wat hy in die verlede verbrou het en leef die lewe van ‘n nederige man. Hy gaan bly in ‘n houthuis en lewe ‘n eenvoudige helige lewe.  ‘n Maand daarna, daag  La Gambogi op en probeer hom ontmasker. Hy dring daarop aan dat George se masker afgetrek word. George vrees die ergste, maar as sy masker afkom  sien hulle dat sy gesig die vorm  van die heilige masker aangeneem het. Deur die masker te dra  en sy lewe daarvolgens in te rig, het hy al hoe meer soos ‘n heilige gelyk, soveel so dat sy ware gesig ook die van ‘n heilige was.  Jenny is in ekstase o0r sy meer “heilige gelaat (as die van die masker) en dink hy wou haar net toets met sy “minder” heilige masker.  Die storie eindig waar hulle in mekaar se arms is en die masker  in die son vergaan en die jaloerse La Gambogi die aftog moet blaas.

Is dit nie ‘n wonderlike gedagte – dat ons lewens regtig verander as ons anders begin leef!!   Die oomblik as jy begin doen – wat jy jou voorgeneem het  begin jou hele wese reageer !

Wil jy verander? Begin deur so te leef !  “Just Do It”

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: