Tuiste > Geestelike lewe > Sin van die lewe?

Sin van die lewe?

Gisteraand soek ek ‘n bepaalde artikel en ek kom op ‘n vertaling van Victor Frankl se boek “Der Mensch vor der Frage nach dem Sinn” af . Die Amerikaanse vertaling het geheet “Man ‘s search for meaning“. Toe dink ek weer terug aan die tyd vroeër in my lewe ( ek het die boekie so in 1982 aangeskaf) dat ekself baie met ‘n klomp vrae en dinge geworstel stel het en hoe baie het die boekie van Victor Frankl nie vir my perpektiewe  oopgemaak nie? Ferdinand Deist het ook later ‘n Afrikaanse weergawe die lig laat sien met die naam “ Sê Ja vir die lewe”.

Victor Frankl is in 1905 in Wenen, Oostenryk gebore. Hy was professor in neurologie en psigiatrie aan die Universiteit van Wenen, later professor in Logoterapie  aan die Universiteit van San Diego (Kalifornië). Hy het ook by ander universiteite gedoseer. Tydens die 2de Wêreldoorlog maak hy die konsentrasiekampe Dachau en Auschwitz mee en dit beinvloed sy lewensbeskouing en sy denke oor die sin bepalend.

Een van die momente in sy logoterapie is,  dat die mens sin van die lewe nie in jouself en waarmee jy besig is moet soek nie, maar buite jouself. Mense is so gemaak dat hulle ‘n lewensdoel buite hulself soek en die vind van so doel buite jouself is vir jou geestesgesondheid van deurslaggewende belang. Hy gaan van die veronderstelling uit  dat mense met ongemak, pyn en selfs ontwrigting kan saamleef as hulle ‘n duidelike lewensdoel het. Hy het in die konsentrasiekampe gesien  dat die mense wat die wreedheid en ongerief van die kampe die langste kon verduur diegene was wat ‘n goeie rede of doel buite hulleself gehad het waarom hulle die oorlog moes oorleef.

Hy het gesê ” As ‘n gevangene  gevoel het hy kan nie meer die werklikhede van die konsentrasiekampe uitstaan nie, sal hy in sy geesteswêreld ‘n uitkoms kry.  ‘n Mens se geesteswêreld kan nie deur die Duitse SS Troepe vernietig word nie.  Jou spirituele wêreld is dit wat jou sterk maak, dit help jou om aan te pas en as jy in jou denke aangepas het- is jou kans op oorlewing baie beter.”

Hy het verder gesê dat hy ‘n groot waarheid ontdek het in sy lewe , dit wat so baie mense (digters en skrywers )al raakgesien het en hom soms ontwyk het.  Die waarheid is – dat liefde die hoogste en uiteindelike doel is waarna ‘n mens kan streef ” Die redding van die mens kom deur liefde en in liefde” Dis hoekom dit kan gebeur dat indien iemand niks meer oor het nie, hy tog vreuge in sy denke kan ontdek as hy aan sy geliefde dink.

***

Ek het baie by Frankl geleer. Ek moes besef  dat indien ek nie sin vind in iets buite myself nie,  en in die liefde buite myself nie – ek gedoem is om nie die sin van die lewe raak te sien nie. Ek moes leer dat die betekenis in my lewe defnitief nie gaan kom as my hele lewe om myself draai nie.

Wel ek het die sin ondek. Daardie sin was dat Jesus Christus ook  nie vir Homself aarde toe gekom het nie.  Hy het dit vir my en vir baie ander gedoen. Hy het sy lewe gegee sodat my nood verlig kan word.

My eie betekenis het ek daarin ontdek dat ek dit nou weer vir ander moes doen. Die betekenis van my lewe word gemeet in hoeverre my lewe in diens van die nood van ander staan!

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: