Vrees

Jy het sekere al opgelet hoe histeries mense kan raak as hulle bang is en ‘n muis hardloop oor hulle voet. Dit is opmerklik dat -Hoe vrees mense besit neem en hulle histeries en irrasioneel begin optree! Vrees verander jou menswees!
Rom. 12 sê dat ons denke bepaal ons elke dag se lewe. Nou vrees, angs en bangheid begin by jou eie hantering van ‘n situasie – dit begin by jou eie denke. Dit wat jy dink – so tree jy normaalweg op!
Vrees ontstaan diep binne in jouself. Eintlik is dit ‘n vreemde ding vir gelowige mense en as ons na die Bybel luister behoort ons nooit bang te wees nie.

1. Kom ons kyk aan die een kant: Wat doen vrees aan ‘n mens?

Vrees maak jou ongelukkig! Vrees keer dat jy nie jou volle potensiaal kan bereik nie! Met vrees word jy totaal oneffektief gemaak. Die Nederlandse skrywer Corrie ten Boom vertel in een van haar boeke dat haar seker een oggend ‘n hoofpyn gehad het. Sy dink daaraan dat  haar vriendin griep het so sy begin vrees dat sy ook griep het. Later die dag het sy begin moeg voel en sy kom agter sy kan nie meer lees nie want haar kop draai. Sy het regtig gedink wat sy gevrees het word waar – sy het ook griep gekry! Later die dag sou sy hoor – sy het iemand ander se bril op en dit het haar net  hoofpyn gegee.
Vrees laat  mens jouself dinge verbeel en hoe meer jy jouself iets begin indink hoe maklikker word dit ‘n werklikheid! Daar word vertel dat meer mense dood is aan die angs wat ‘n slangbyt veroorsaak  as wat dit die gif van slange hulle doodmaak.

2. Vrees en bangheid lê ‘n Christen as’t ware lam. Jy kan selfs nie ordentlik bid nie, want jy dra te veel vrese in jou hart rond! Vrees skep afstand tussen jou en God! Dit neem vertroue weg!


3. Vrees het ook ‘n invloed op ons menseverhoudinge
. Jou bangheid en jou gebrek aan selfvertroue maak dat jy dit op ander mense oordra en almal rondom jou gedurig as ‘n  bedreiging sien!

4. Vrees verander jou persoonlikheid ! Die een oomblik is die ou ‘n baie vriendelike, sterk mens, Net die volgende oomblik pak vrees hom beet en word hy ‘n buffel!

Maar hoe raak ‘n  mens van al die vrese ontslae?
2 Tim 1:7: “ Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing”
1Joh 4:18” waar liefde is, is daar geen vrees nie, Liefde dryf die vrees uit.
Die Woord sê Waar liefde is – verdwyn vrees!
As jou lewe vol liefde is, sal die vrees nie jou lewe en denke beheer nie!
God se liefde maak jou so vol of wil jou so volmaak dat daar nie plek is vir jou bangheid en jou vrese wat hierbinne leef nie! Jy moet so vol word van die liefde van die Here dat daar nie meer plek is vir vrees in jou lewe nie! Jy moet dus glo en bewus word dat die Here vir jou ongelooflik lief is en dat jy niks te vrees het nie.
Net so het naasteliefde ‘n positiewe invloed op- jou. Hoe meer jy lief het – hoe minder vrees het jy! Jy moet so vol liefde vir ander mense hê dat jy nie bang of bedreig voel deur hulle nie.

Die Here het opgestaan uit die dood Hy is die groot oorwinnaar ! Hy wil hê ons moet die oorwinning uitleef Ons hoef vir niks op aarde bang te wees nie! Vrees laat jou dink die vyand is sterker as jy! Dit kan mos nie, want Jesus het klaar gewen!
Hoe meer jy jou vrese uit jou lewe uit weer en hoe meer jy plek maak vir liefde! Hoe beter kwaliteit lewe sal jy hê!

  1. koningskind
    11/03/2010 om 12:32

    Dankie Quintus,
    Jy het dit vir my hier gesit, dit is so waar vir my en iets waaraan ek elke dag hard moet werk.

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: