Hoop

Een van die flieks wat ʼn baie groot indruk op my gelaat het, was The Shawshank Redemtion
Die verhaal gaan oor ʼn jongman Andy -gewone mens soos ons wat heeltemal onskuldig in die tronk beland. Maar hy het nooit sy hoop om vry te wees verloor nie -Al het die hoofbewaarder die enigste getuie om sy onskuld te bewys vermoor. Maar na 20 jaar slaag hy daarin om te ontsnap en was hy weer vry ! Maar die storie se trefkrag lê nie daarin dat sy hoop waar geword het nie Dit lê daarin dat die tyd toe hy in die tronk was, het hy vir almal in die tronk ook hoop gegee !

Ten spyte van die haglike omstandighede in die tronk, het hy vir die mense in die tronk ʼn nuwe lewensuitkyk gegee. Hy help hulle om ʼn biblioteek in te rig, Hy leer ʼn man lees en laat hom vir ʼn diploma inskryf. Hy help die bewaarders om hulle finansies te beplan, Hy het niks ontsien om vir ander hoop te gee nie. So het hyself ook hoop gekry -deur vir ander hoop te gee! Hy het vir sy medegevangenes getoon dat ʼn mens kan hoop
Die film eindig dan ook – waar ʼn man wat 40 jaar in die tronk was en altyd in Andy se optimisme getwyfel het, uiteindelik vrygelaat word en ook weer sin in sy lewe kry! Dit alles omdat Andy hom geleer het om te hoop!

Hoop is nie deur die mens uitgedink nie – Dit kom van God af! Dit is hy wat ʼn nuwe lewe skep en gee. Niemand kan dit self bewerk nie. 1 Pet 1: 3,4” Aan God die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ʼn lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelkte erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.”

JX is die oorsaak van die lewende hoop! Hy het die bande van hooploosheid -nl. Die dood gebreek. Vir ʼn gelowige is daar nie meer beperkinge nie -Alle beperkinge van watter aard ook al is opgehef.

In vs. 4 word ook die doel en eindpunt van ons hoop! Dit is dat ons hoop daarin lê dat die -heerlike erfenis vir ons bewaar word! Hierdie heerlikheid word vir ons bewaar -Dit sal nog ons deel word. Ons moet net bly hoop daarop!
Na die opstanding van Christus leef ons in die tyd van Hoop! Die opstanding is vir die Christen ʼn werklikheid wat gebeur het. Dis ook die Hoogtepunt -die simboliese beginpunt van ons as Christene se hoop! Vir die Xten is hoop ʼn geweldige belydenis! Dit is een van die hoekstene van ons geloof! Sonder hoop sal ons nie kan glo nie. Geloof en hoop is onlosmaaklik aan mekaar vas. Miskien ʼn kort definisie van Hoop!
Geloof is wat ons glo van Jesus Xtus in die verlede Hoop is wat ons glo van Jesus Xtus in die toekoms!

As jy sê jy glo – dan is dit omdat jy vashou en vertrou dat JX klaar vir jou sondes betaal het. As jy sê jy het Hoop is dit omdat jy vertrou dat die Here in die toekoms steeds koning in jou lewe sal wees en jy deel sal kry aan sy erfenis. U sien, Hoop is ʼn vertrouens uitspraak in die toekoms! Maar dit begin nou reeds Jy het nou reeds hoop in al jou omstandighede! Jy vertrou dat Jesus elke dag met jou sal leef. Jy vertrou dat Jesus jou sal beskerm. Dit is ʼn vertroue dat hy jou land, soos jou gesin alles in die hande van Koning Jesus kan los. Dit is ʼn vertroue dat jy die ewige lewe sal beërwe omdat Jesus klaar betaal het!

Ons is baie naby aan die grootste viering van Christene nl. Opstandingsdag! Die fees van Hoop !!!! Onthou tog dat dit ‘n spesiale tyd van die jaar vir gelowiges is – ‘n Tyd vir belydenis!!

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: