Tuiste > Gebed/Spiritualiteit > Wat is die doel van gebed?

Wat is die doel van gebed?

Vir Christene is gebed die hartklop van ʼn gelowige se lewe voor God.

Die Bybel leer ons dat Gebed die een saak is wat vir elke gelowige onontbeerlik is. Gebed is die krag van ons geestelike lewe. Wys my iemand se gebedslewe en jy sal weet hoe toegewyd hy leef! Dit is werklik die asemhaling van ‘n gelowige! Dit hou jou as gelowige aan die lewe. As ons in die Bybel van mense lees wat groot geloofsdade gedoen het , lees jy ook van hulle ryke gebedslewe!

Martin Luther het gesê: Gebeds is die Hoofdoel van die Gelowige se lewe. Hy sê ons moet ast ware beroepbidders wees, want dit is ons werk om te bid.  Soos ‘n kleremaker klere moet maak. So is dit die Xten se eintlike werk om te bid! Gebed raak ons hele lewe Dit is ons hele lewe!
Gebed word natuurlik in verskillende kontekste in die Bybel gebruik. Soms is dit die manier hoe God met die gelowige praat. Soms is dit die manier hoe die gelowige die wil van die Here soek. Ander kere word gebed gebruik om die nood van die gelowige aan God bekend te maak. Hoe dit ook al gebruik word.  Gebed speel ʼn belangrikke rol in elke gelowige in die Bybel se lewe. Gebed het meer as een funksie .Ek noem kortliks 3 daarvan.

Gebed is aan die een kant om ons dankbaarheid aan God te bewys. Dankbaarheid is die erkenning dat jy en ek ten volle van God afhanklik is. Dat alles van Hom afkom die goeie en die slegte. ʼn Dankbare gebed is ʼn belydenis dat alles in die hande van die Here is. Dit is ons belydenis dat ons van alles van Hom afhanklik is. Dit is opmerklik dat  1 Tess 5:17 “bid gedurig  net voor die teks “Wees in alle omstandighede dankbaar” staan! ’n Dankbare mens is ‘n biddende mens!

ʼn Tweede doel van gebed is om geestelik te groei. Hoe meer jy bid hoe meer geestelike energie ontvang jy.  Gebed is die pyplyn waardeur gelowiges die krag van die Heilige Gees in hulle lewens ervaar. Hoe minder jy dus bid, hoe minder sal jou geestelike energie raak. Jakobus leer ons “Julle ontvang nie want julle bid nie.” Gelowiges wat nie bid nie, groei nie geestelik nie. Calvyn leer ons dat God nie ons gebede nodig het nie, maar dat ons die gebede nodig het, want gebed verander jou geestelike lewe. Dit bring jou nader aan God. Hoe meer jy bid hoe meer gaan jou hart verander en hoe meer gaan jy God se wil vir jou lewe begin raaksien.

Gebed is in die derde plek ook om van God se genade bewus te word en te weet dat Hy heeltyd by ons teenwoordig is. Die Here belowe ons dat hy heeltyd by ons teenwoordig is Gebed herinner ons daaraan dat God ons nooit alleen laat nie Hy is by ons in al ons krisisse in al ons vreugdes Hy is 24 uur 7 dae ʼn week by ons teenwoordig. Hoe meer jy in gebed met die Here Jesus verkeer Hoe meer word jy daarvan bewus en hoe meer weet jy Jy is nie alleen nie God is met jou.

Gebed is die instrumente in ʼn Christen lewe wat God vir ons gegee het om ons bewus te maak van sy teenwoordigheid !

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: