Tuiste > Flieks > The Blind Side

The Blind Side

Dis min dat Hollywood erkenning gee aan flieks wat die Christendom meer positief uitbeeld. Gewoonlik word van godsdiens ‘n karikatuur gemaak en die “in” mense praat mos nie godsdiens nie.In elke geval nie in ‘n positiewe sin nie. Hier word die goeie daad nie net gedoen omdat dit bloot humanisties die regte ding is om te doen nie , maar omdat ‘n groepie mense glo dit is hulle Christelike plig om betrokke te raak.

Nou hier is ”n fliek wat nie regtig oor Christenskap gaan nie , maar tog ‘n leefwyse uitbeeld van ‘n gesin wat Christelik georienteerd is en daarop uit is om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak.

Sandra Bullock (wat ‘n Oscar as beste aktrise vir haar rol ontvang het) vertolk die rol van Leigh-Anne die ma wat uit ‘n “baie ryk” gesin kom, en wat haar ontferm oor die seun wat in 18jr nog nooit sy eie bed gehad het om in te slaap nie. Haar ontferming oor “Big Mike” het ‘n baie groot invloed op die jong man se lewe en soos sy teenoor haar vriendinne erken het sy koms na hulle gesin nog ‘n groter invloed op haar gehad.

Dit is ‘n positiewe storie van hoe mense mekaar se lewens positief beinvloed !

Ek sou dit beslis aanbeveel.

Dit is nie dat ek heeltemal kritiekloos is op die fliek nie , maar in die tyd waarin ons lewe – het ons wragties elke positiewe verhaal nodig wat ons kan kry!!

Natuurlik speel dit  in Amerikaanse omstandighede af en sal so verhaal in Suid Afrika heeltemal anders lyk. Tog is dit ‘n verhaal wat in verskeie kontekste daagliks in Suid Afrika herhaal word. Ek weet van baie bevoorregte gesinne en vriende wat probeer om ‘n invloed op ander mense te hê wat nie al die geleenthede in hulle lewe gegun is nie. In die fliek word egter nie die realistiese negatiewe dinge wat ook uit so verhaal spruit, aangeraak nie.

Vir die wat ‘n soortgelyke offer maak soos die gesin in die fliek . Ek dank God vir julle!

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: