Tuiste > Kommentaar > Hoe moet ons dink oor openbare (jy weet wie!) figure se uitsprake?

Hoe moet ons dink oor openbare (jy weet wie!) figure se uitsprake?

Met afgelope tyd se gebeure in Suid Afrika vra gelowiges baie vrae en soek antwoorde. Dit is tydig om na Ps. 146 te luister in die tyd. Die Ps. is ʼn loflied tot eer van die Here omdat alles wat met ʼn mens gebeur in die hande van die Here is.
Hier staan dit dat jy eintlik ʼn keuse het om of op mense en jouself te vertrou vir jou lewe – of  dat jy eerder op God wil vertrou en op Hom wil wag!

So die mens het ʼn keuse of hy sy hulp van die Here kan ontvang of nie !
Die eerste wat ons raaksien in Ps.146  is:

(Vs. 3-4 )dat jy nie op magtiges moet vertrou nie! Die Ps. digter het geweet dat die mens so maklik op sy eie vermoëns en sy eie beplanning vertrou -daarom kom sê Hy uitdruklik Moenie op mense vertrou nie ! Mense stel jou teleur ! Mense het hulle eie agendas vir die lewe!
Dink ʼn bietjie hoe groot invloed laat ons mense toe – selfs bekendes om op ons lewens te hê. Dit voel vir my ons mense gee te veel erkenning aan hoe bekendes dink en dink nie vir hulleself nie. As ʼn rolprentster of sportheld ʼn mening het oor dinge – is daar mense wat na hulle luister en dink omdat hulle goed rugby speel of goed toneel speel, dat hulle nou alles weet van godsdiens of politiek terwyl hulle gewoonlik minder weet as die normale mens. Dit is wat die Psalm digter wil sê: Moenie jou steur wat mense te sê het nie. Steur jou oor wat God te sê het!

Ons vertrou so baie belangrike dinge in ons lewens aan ander mense toe! Ons dink ook onsself is magtig genoeg om ons eie lewe te regeer!
Die digter roep dit uit! Moenie op mense vertrou nie Want sê hy mense is tydelik, mense sien nie die volle prentjie nie.

Ons moet een ding onthou: Sodra ons toelaat dat ander mense ons ontstel, gee ons hulle mag oor ons denke. Dan gee ons, ons eie mag en beheer oor ons lewens weg. Dit is wat die Here in Gal 5:22 wil hê ons juis nie moet doen nie. Die vrug van die Gees is selfbeheersing. Vriende ons moet weier dat iemand beheer oor ons denke uitoefen! Ons moet nie toelaat dat iemand ons so kwaadmaak dat hy beheer oorneem nie!

Net so dink sekere mense die toekoms hang van hulle af en hulle is so belangrik!

Die 2de wat die Ps. vir ons leer is Ons moet ons vertroue Op God plaas!
Maar die Ps. kom sê vir ons dat ons in die moeilike tyd eerder ons vertroue op Hom moet plaas!
Vs. 5 ” Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jacob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here sy God!”
Na die vers verduidelik hy hoekom:
Omdat die HERE God is. Omdat Hy alles gemaak het. Omdat Hy vir altyd regeer!

Na ek weer die Ps. gelees het, het ek besluit om my nie weer te ontstel  as openbare figure sensasie soek nie. Hulle weet tog maar nie eintlik iets nie……..

KategoriëKommentaar Tags: ,
  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: