Tuiste > Bybelse vrae > Wat word bedoel met: Paulus as Tentmaker?

Wat word bedoel met: Paulus as Tentmaker?

Die beroep van Tentmaker was ‘n uitstekende werk vir iemand wat so baie soos Paulus gereis het. Die gereedskap wat nodig was vir die beroep was  oa. ‘n els, mes, naalde en draad. Dit was gereedskap wat maklik gedra kon word. Rou materiaal soos seil, linne en leer oortreksels wat ‘n tentmaker nodig gehad het was oral beskikbaar.

Dit is moontlik dat Paulus se beweging  na Korintiers saamgeval het met die Olimpiese spele  van 51 NC. Daar sou ‘n groot behoefte vir tente wees (Hand 18:1-3).

As Tentmaker kon Paulus ‘n lewe maak in verskillende wêrelddele en steeds oor die Here Jesus praat.  Omdat Paulus ‘n Jood was  en vir Jode is in die n”agora” toegelaat om hulle eie God te aanbid sonder om die gode van die “agora” te eer, het dit vir hom baie deure oopgemaak om die evangelie te versprei.

Wat verder interressant is : As jy met leer werk, het dit baie stress op jou hande geplaas. Die naald moet bv. met albei hande getrek word om steke in te sit.  Dit kan natuurlik ‘n verklaring wees dat Pualus so gesukkel het om te skryf (Gal 6:11).

So as ons vandag die term Tentmaker gebruik, dan verwys ons na die voorbeeld van Paulus wat ‘n ander beroep gehad het (om vir inkomste te sorg) en tog in diens van die Here gestaan het.

‘n Tentmaker is dus ‘n predikant /evangelis wat die roeping het om voltyds vir die Here te werk(, maar vir sy eie lewensonderhoud voorsiening maak. Dis die ideale beroep vir ‘n sendeling. ‘n Sendeling wat nie ‘n gemeente het om verantwoordelikheid voor te neem nie – vir hom is dit ideaal om so te werk.

‘n Gemeenteleraar is anders ( 1 Kor 9), want hy word deur die gemeente in diens geneem om hulle te lei, te skool en te ondersteun. Dit vra voltydse aandag en studie.In die geval moet die gemeente weer die sending in hulle werkplek doen. Hulle word gevoed, afgerig en geskool in die gemeente.

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: