Tuiste > Flieks > Amadeus Mozart !!

Amadeus Mozart !!

Een van my dogters op Maties het nou die dag baie opgewonde kom vertel dat ‘n klomp van hulle studentemaats by geleentheid die dvd Amadeus gekyk het . Dit was volgens haar “amazing” (sy het nie regtig ‘n klassieke smaak nie, maar ‘n oor vir goeie musiek- al is dit nou die grootste rock). Sy wou my nie glo toe ek vertel ons het dit gesien toe dit uitgekom het in 1984 nie . “Nee wat die fliek is baie ouer as daai tyd……”

Hierdie week loop ek verby ‘n dvd winkel en wat sal ek sien? Amadeus dvd teen R79 . Natuurlik koop ek dit toe. Vanaand na ek by die huis gekom het  en al die ander werksdinge afgehandel het (10:30) maak ek en vroulief ons toe voor die televisie reg en sit al die luidsprekers op “goeie ” volume en geniet elke krieseltjie van die fliek. Hulle het die natuurlik digitaal oorgedoen- Wat ‘n kyk en luister plesier!   Ek onthou ek het destyds nadat die fliek verskyn het eers  regtig waardering vir Mozart se musiek ontwikkel.

Joe-  ek het die fliek geniet asof dit ‘n nuwe fliek is. Ek koop nie baie flieks op dvd nie – daarvoor is die meeste flieks net te “tydelik”/ Hier en daar sal ek ‘n classic koop. Wel ek beskou die een as ‘n klassieke fliek , wat ek in die toekoms weer en dalk weer en dalk weer sal kyk….

KategoriëFlieks Tags:
  1. 07/05/2010 om 11:33

    Sjoe, musiek kan mens betower. Totaal. Mozart op sy tyd is heuning in die oordromme – heerlik soet en strelend.

    Hoop jou bure is ook klassieke mense Quintus. Dit sal snaaks lyk as jy jou blognaam verander na: Heine. Agter Tralies. Oor Mozart!
    😆

    Like

  2. Q
    07/05/2010 om 22:54

    Ek het gelukkig al die deure en vensters dig toegemaak, maar hulle raas so baie dat hulle eerder diep by my in die skuld is oor raas…..
    Dis as ek saam met my kinders na hulle musieke luister dat ek soms bekommerd is dat ek ‘n voordeurklop gaan kry…

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: