Tuis > Huwelik > Legende: Die skepping van Man en Vrou

Legende: Die skepping van Man en Vrou

In Indië vertel hulle die legende van die skepping van man en vrou.

Nadat die Skepper die man gemaak het, het hy besef dat daar geen konkrete elemente oorgebly het nie. Daar was niks solieds om die vrou mee te maak nie. Nadat hy lank gedink het, het die Skepper die volgende elemente bymekaar gevoeg om die vrou te maak:

Die rondheid en volheid van die maan; die buigsaamheid van ʼn rankende wingerdloot; die ritseling van grassaad en die slankheid van die riet. Die varsheid van ʼn nuwe blom; die sagte teerheid van ʼn ontluikende blaar en die heldere deursigtigheid van ʼn sonstraal.
Die trane van ʼn wolk, die veranderlikheid van die wind, die vrees van ʼn wildsbokkie en die trotsheid van ʼn pou. Die sagtheid van ʼn voëltjie se borsvere, en die hardheid van ʼn diamant. Die soetheid van heuning en die wreedheid van ʼn tier. Die gloeiende hitte van vuur en die snerpende koue van sneeu; Die praatsiekheid van ʼn papegaai en die stem van ʼn nagtegaal, die sluheid van die slang, en die getrouheid van ʼn leeuwyfie by haar kroos.

Die Skepper bring toe die vrou vir die man, maar na ʼn week keer hy na die Skepper terug en sê: “ Sy maak my lewe ongelukkig, sy praat aanhoudend en torring gedurig aan my sodat ek geen rus vir my siel vind nie. Sy beweer dat ek nie genoeg aandag aan haar gee nie en sy eis net meer en meer tyd van my. Sy huil oor die geringste dingetjie, terwyl sy tuis ʼn luilekker lewe voer. Ek wil haar teruggee.”

Die Heer is toe verplig om haar terug te neem. Maar na ʼn week is die man weer terug by die Skepper. Nou pleit hy: “ Heer my lewe is so leeg. Ek dink gedurig aan haar en kan haar nie vergeet nie. Ek dink daaraan hoe sy kon dans en sing; Hoe sy in my oë kon kyk, met my kon praat en haarself teen my kon aanvlei. Sy was so pragtig om na te kyk en sag en teer om aan te vat. Haar gelag was soos musiek in my ore, haar teenwoordigheid soos rus in my hart. Heer gee haar aan my terug asseblief.”

Die Heer het dit gedoen. Na drie dae is hy terug en nou smeek hy: “ Neem haar terug, sy verskaf my meer probleme as plesier-“ Dan aarsel hy en sê: “ Ek kan nie met haar leef nie, maar ek kan ook nie sonder haar leef nie!”

Bron: Walter Trobisch “Man and Woman”

KategoriëHuwelik Sleutelwoorde:,
  1. 17/05/2010 om 16:14

    Dis een van die mooiste stories wat ek in ‘n baie lang tyd gelees het Quintus! Ek het nou so sit en giggel en met ‘n traan geeindig.

    Ja. Ons skaaf en skuur tog maar daagliks aan mekaar. Nes jy dink jy pas nou knus, skop die lewe ‘n korreltjie sand in daai samehorigheid in, en dan is dit skuur en skaaf van voor-af. Om die genade te kry om heelhuids te bly skuur teen dieselfde persoon, IS ‘n genade.

    Like

  2. Pieter
    17/05/2010 om 17:45

    Dit is ‘n uitstekende storie.
    Ek het self al probeer om haar terug te gee, maar genadiglik is my versoek toe geweier, want ek kan my net indink waarmee ek dan sou gesit het en hoe ek my sou sit en verknies het.

    Ek wonder net hoekom “die wreedheid van die tier” nodig was – seker om ‘n man te leer om dapper te wees.

    Like

  3. Q
    17/05/2010 om 20:16

    @ Pieter : Soos die ou oom gesê het toe hy gevra is of hy al ooit ‘n egskeiding oorweeg het : Nee wat ou seun, nog nooit aan egskeiding gedink nie , maar aan moord – baie..( Moenie dat E dit hoor nie)
    Ek kry netnou ‘n epos na aanleiding van die stuk . Dit lui: ” Het jy nog joune ? Ek het darem nog myne ook”
    Staan vas my vriend!!!

    @ Skoor: Dis ‘n nimmereindigende proses. Die spreukedigter vertel ons mos “Yster slyp yster – so slyp die een mens die persoon van ‘n ander” Maar jy is reg dis net genade – en wat waar is van die res van die lewe is van ons verhoudings ook waar ” Niks wat die moeite werd is kom maklik nie” Dit bly harde werk, en self offer. Gelukkig – word die vreugde, liefde en kameraadskap met die jare net beter en lekkerder.

    Like

  4. BB
    19/05/2010 om 10:36

    Ek sukkel bietjie met dié een Ds… het nie ‘n goeie track-record nie… ek’t altyd gewonder of daar ooit goeie mans ook was – tot ‘n goeie vriendin my eendag vra: “How many men can be wrong?” My eerste reaksie was :”All of them??!!” 😉
    Die vraag het tog bly spook – en ek het geleer dat mans nie by default ‘sleg’ is net omdat hulle nie goed is vir my nie. So met die jare geleer hoe vrouens tog wel baie invloed het op die behandeling wat hulle ultimately kry… (ek praat nie van mishandeling/misbruik ens nie) – ek praat van basic optrede/behandeling ens…
    Ek reken deur Genade is ek dalk nie van yster nie – anders was ek lankal deurgeskuur/opgeskuur/doodgeskuur…
    Men… can’t live with them… somehow I’m proof of that… :mrgreen:

    Like

  5. Q
    19/05/2010 om 11:49

    Ai BB, Soms is mens in omstandighede dat dinge nie wil uitwerk nie. Van die seerste wat mense kry is as hul huwelike nie wil uitwerk nie. Ek is nie ‘n voorstander daarvan dat ‘n mens moed opgee nie, en glo huweliksmaats moet altyd probeer, en weer probeer om hard aan hulle huweliksverhoudings te werk.Jy moet letterlik die sak sout saam opeet. ‘n Mens moet verantwoordelikheid vir jou keuses neem. As ek dit gesê het- dan moet ek egter die volgende byvoeg: Ek besef ook dat daar kere is waar mense se selfrespek al so vernietig is deur huweliksverhoudings dat hulle ter wille van oorlewing net nie kan voortgaan nie. Soms kan mense mekaar emosioneel en selfs fisies vernietig. In sulke gevalle kan ek net nie insien hoedat hulle getroud kan bly nie. Ons lewe ongelukkig in ‘n onvolmaakte wêreld en dit raak huwelike ook!
    Jy is reg- ‘n Mens het nie ‘n man (of vrou) in jou lewe nodig om met vrede en geluk te leef nie. Jy kan ook as “enkellopende” ‘n vervulde lewe hê. Sterke vir jou!

    Like

  6. Elsabe
    20/05/2010 om 16:31

    Uitstekend!
    Ai tog, ek wou hom al ‘n paar keer terug gee veral as hy weier om te erken dat hy ook soms verkeerd is. Hoekom moet mans oor die algemeen so trots wees. MAAR ek kan my lewe nie sonder hom indink nie en veruil hom vir niks in die wereld nie.
    Ek karring eerder by die Ds vir ‘n huweliksverykings naweek of kursus om te help red wat te redde is.

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar