Tuis > Gesin > Ouers en Tieners: Sal hulle mekaar ooit verstaan?

Ouers en Tieners: Sal hulle mekaar ooit verstaan?

ʼn Paar jaar terug het ek ʼn gespreksaand tussen tieners en hulle ouers gehou. Die tieners en hul ouers het weerskante van die saal gesit. Ek vra toe vir die tieners om ʼn lys te maak wat hulle in algemeen van ouers verwag en vir die ouers om ʼn lys maak wat hulle van tieners verwag. Na ʼn halfuur se gelag, gepraat en geskerts moes hulle die lysies vir mekaar lees.

Hier volg die tieners se lysie:
•    Ons ouers moet ons vertrou
•    Toon begrip vir ons – julle was ook jonk!
•    Wees trots op ons !
•    Moenie spog met ons nie (veral nie voor familie nie)
•    Moet ons nie met ander vergelyk nie
•    Ouers moet ons aktiwiteite steun en bywoon
•    Stel in ons lewens belang.
•    Ouers moet erken as hulle fouteer
•    Hulle moet billike dissipline toepas en nie rigied wees of oorboord gaan nie

•    Hulle moet verduidelik waarom ons dinge nie moet doen nie – (sommer is  nie rede nie)
•    Wat ouers van tieners verwag moet hulleself ook bereid wees om te doen
•    Moet ons nooit verneder nie (“shame” nie)

*   Moenie namens ons praat nie
•    Luister ons uit, moenie vooraf dink wat ons gaan sê en ons in rede val nie.
•    Moet nooit voor kinders stry of rusie maak nie.
•    Moenie voor ons “vry” nie
•    Leer ons deur julle voorbeeld om ons probleme volwasse op te los
•    Moenie ons druk om te presteer op gebiede waar julle as kinders misluk het nie.
•     Wees ongekwalifiseerd lief vir ons
•    Ons is baie lief vir julle!!!!!

Die ouers se lysie aan die kinders het so gelyk:
•    Moenie ons as vanselfsprekend aanvaar nie
•    Vertrou dat ons met die beste bedoelinge optree
•    Moet ons nie met ander jongmense se ouers vergelyk nie
•    Tieners weet nooit wat in ons lewens aangaan nie.
*    Slegs hulle eie wêreld is vir hulle belangrik. Neem ons probleme ernstig op.
•    Stel belang in ons as mense, vra ons uit hoe dit met ons gaan
•    Wees  trots op ons
•    Moet ons nie voor ander ouers of jou maats verneder nie.
•    Woon ook geleenthede by wat vir ons belangrik is.
•    Vra verskoning as julle verkeerd is
•     Luister na ons, moenie ons in rede val of deur toeklap nie.
•    Praat met ons en verduidelik as julle nie lekker voel nie- ons kan dit nie ruik nie.
•    Moenie ons verleë maak deur voor ons of in openbaar aan julle geliefdes te “hang” nie.
•    Julle kan vir ons as ouer mense baie leer – ons soek ook julle raad.
•    Moenie druk op ons plaas deur geld te vra, ons ‘n materiële skuldgevoel gee nie.
•    Aanvaar ons met ons tekortkominge en wees begripvol vir ons omstandighede by werk.
•    Wees onvoorwaardelik lief vir ons
•    Ons is lief vir julle en wil geen ander kinders hê nie!!!

Dit was natuurlik vir albei groepe verstommend hoe baie die twee lysies ooreengestem het- Wys jou net nê, miskien moet ouers en tieners meer met mekaar praat en tyd maak, want hulle verwag dieselfde dinge van mekaar!!

  1. 25/05/2010 om 08:14

    Sjoe. Die skrywe laat my dink aan ‘n miershoop. Een van daai grotes wat ons nie hier in die Kaap ken nie.

    Lae en lae wat jy nie met een hou sal ontbloot nie.

    Wat ek wel weet is dat tieners vandag baie meer geleentheid het om totaal van die pad af te dwaal – met ouers wat bitter min tuis is (ekonomiese en soms sosiale redes) en die vrye toegang tot tegnologie wat jong ondersoekendes kan opslurp, is dit geweldig belangrik dat die grondslag van die kind van jongs af reg gele word.

    En vir die res moet die ouers maar op hulle kniekoppe bly, want aanslae sal daar wees. Hoe die kind anderkant gaan uitkom, of nie, hang alles van genade af!

    Hierdie wrede realiteite en min tyd vir mekaar plaas net meer druk op daardie lysies.

    Die dun goue draadjie deur die lyste en deur die realiteit, is myns insiens respek en dissipline. Daarsonder kan ‘n kind nie. Kinders is nie volwassenes nie. En hulle word nie met maniere gebore nie. As jy jou kind sonder die nodige ‘wette’ grootmaak, en met geen respek teenoor ander nie, flop jou opvoeding voor die kind begin stap.

    Quintus, dit voel ek is nou heel van die punt af hierso. Sorry. Ek stop! 😆

    Like

  2. Hannes
    25/05/2010 om 21:41

    Brilliant!

    Like

  3. BB
    26/05/2010 om 11:07

    Is nogal ‘n openbaring, dié ooreenkomste, ja.
    …maar die grootste hiervan… is steeds: die Liefde. Onvoorwaardelike liefde.

    Like

  4. 26/05/2010 om 15:18

    True, very true. Ek glo aan ‘n lekker pakslae en dan ‘n warm drukkie agterna vir die opmaak. Honderd jaar gelede was dit seker ook maar net so, niks nuut nie, waarskynlik het hulle daai tyd oor dolosse en sulke goete verskil, of dalk oor die lengte van die opsitkers?. Soos BB seg, Onvoorwaardelike liefde en ek wil byvoeg geduld, sommer baie daarvan.

    Like

  5. Q
    26/05/2010 om 22:41

    Skoor- Gesinsverhoudinge is altyd meer ingewikkeld as wat ons dink – so jou metavoor van die miershoop is baie gepas.Dink jy is reg dat tieners baie meer blootgestel word aan al die globale immoraliteit en dit onderstreep goeie waardevorming binne die gesin/familie soveel te meer. As ‘n jongmens se familie vir hom goeie waardes kan aanleer, is hulle ten minste toegerus om goeie besluite te kan neem – Of hulle dit neem is dan in hulle hande!

    Hannes – dankie – goeie kommunikasie en begrip het nie plaasvervangers nie

    BB- As almal (ouers en tieners) maar net besef die oplossing vir konflik is makliker as wat ons soms dink – goeie luistervaardighede en om jouself in die ander se skoene te stel en ja Liefde – onvoorwaardelike liefde – dit bedek die grootste misverstande

    Bloedbek: Ek glo ook aan ‘n goei pak slae – veral; as kinders jonk is, maar dan moet ons dit duidelik stel: ‘n pak slae uit woede is soms eerder geweld as wat dit goeie dissipline is- en hierop moet ons bedag wees. Miskien moet ons ‘n slag hieroor saamdink – dalk met ‘n volgende skrywe.Ek kan nie genoeg saamstem oor die geduld nie – soms is mens se geduld darem beproef hoor- tot die uiterste.

    Like

  6. 27/05/2010 om 09:15

    Dis waarom ek seg met ‘n warm drukkie daarna, uit woede tree mens irrasioneel op en dis waar baie ouers die grootste fout maak. Vinnige voorbeeld van twee gesinne Die eerste kind is stout ma gryp sommer ‘n elektriese koord en slaan wild, die gevolg ‘n kind, ‘n rebel wat eendag net so gaan optree omdat die ouer nie korrek opgetree het toe dit die niodigste was nie. Geval twee kind is stout, ma vertel kind wat die oortreding was en dat sy verplig is om hom te straf. Op ‘n gedissiplineerde wyse word die kind eenkant geneem, sy foutiewe optrede verduidelik en ook verduidelik waarom hy/sy gaan slae kry en dit doen met beheerstheid, waarna beide ouer en kind weer eens gesels, vrede maak en dan daai lekker drukkie.

    Like

  7. Q
    27/05/2010 om 10:41

    Baie goeie voorbeeld. Dissipline uit woede is nooit goeie ding nie, want die straf pas gewoonlik nie die oortreding nie en die ouers is byna altyd spyt, maar dissipline om die kind se karakter te bou (soos jou 2de voorbeeld) is noodsaaklik en ouer of kind het nie daarna enige verwyte nie.Ek besef egter dit is soms maklikker gesê as gedoen. As emosies hoog loop op die hitte van die oomblik – tree mens nie altyd reg op nie – Dis dan wannneer dit belangrik is dat jy en jou kinder ‘n oop kommunikasie kanaal moet hê!

    Like

  8. 28/06/2010 om 22:58

    Ek glo nou maar een maal vas – kinders word nie stout, spitefull, alwetend en wat nog gebore nie – aikona, ouers maak hulle al daai dinge. Ek’s self ‘n ouer van ‘n tiener – die een persoon met wie ek seker die meeste oop kommunikasie het. Hy is ‘n mens in eie reg – ouers van vandag leef in die tydperk wat kinders nie gehoor of gesien moet word nie! Ek gaan nie eers probeer om enige negatiewe kommentaar t.o.v die tieners se lys te maak nie. Ek gaan ook nie die ouer-lys kritiseer nie.(ek’s per slot van sake ook ‘n ouer – net met ‘n ander opinie en visie).

    Like

    • Q
      03/07/2010 om 11:31

      Marietjie. Ek wil deels saam met jou stem. Aan die een kant is daar groot waarheid in dat ouers ‘n baie groot invloed op tieners/kinders se gedrag het. Daar is egter ook tieners wat ten spyte van goeie ouer invloed steeds verkeerde keuses maak en dit vir hulself en hul ouers moeilik maak om met hulle te kommunikeer.
      Wat ek in die artikel bo probeer doen, is nie om te sê dat tieners of ouers slegte kommunikeerders is nie. Ek wil dit stel dat dit ‘n realiteit is dat tieners en hul ouers in 80% gevalle swak kommuikeer – dan het dit niks met goeie opvoeding of swak opvoeding te make nie , maar bloot agv generasiegaping! Die oplossing natuurlik hiervoor is, om na mekaar te begin luister ..

      Like

  9. Hartseer Tiener
    29/01/2015 om 12:22

    O, ja en voeg hierdie ook by. OUERS MOET ALTYD KONFLIK REG HANTEER…EN NIE VOOR TIENERS BAKLEI NIE. DIT BREEK ONS AS HULLE MEKAAR VOOR ONS UITSKEL OF NOG ERGER, MEKAAR SLEGSE OOR IETS WAT ONS GEDOEN HET!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Stel net ‘n goeie voorbeeld oor hoe om KONFLIK op te los. Julle misvorm ons idees oor verhoudings SOOOOOOOOOOOOOOO as julle nie jul probleme dadelik EN vreedsaam oplos nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Moet nooit gaan slaap as ‘n probleem NIE tenvolle OPGELOS is nie.

    Liked by 1 person

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar