Tuiste > Kommentaar > Ek het ondek: sokker is vir almal

Ek het ondek: sokker is vir almal

Ek dink menige Suid-Afrikaner is die afgelope tyd verstom oor wat die sokkerbeker vir nasiebou en welwillenheid gedoen het!  Oorsese kommentators het getuig dat hulle die opgewonde ontvangs nog nie elders teegekom het nie. In baie opsigte dink ek dat daardie eerste doel van Siphiwe Tsabalala die eerste Vrydag soveel reasie ontlok het soos Stransky se skepskop in 1995! Ja ek dink nie ons probleme is opgelos nie,  maar vir ‘n ruk kon ons vergeet van al die politieke verdeeldheid en fokus op dit wat ons saambind! Suid Afrikaners is van nature vriendelike en welwillende mense! Miskien is dit tyd dat almal van ons meer aandag gee aan ons onderlinge verhoudinge en fokus op die positiewe dinge wat ons vir mekaar kan beteken.

Daarby het ek sokker as spel ontdek. Ek het tot dusver nog net geglo in koning rugby en prins krieket , maar sokker is soveel meer ‘n spel vir almal. Daar behoort meer lande aan Fifa, as wat lande aan die Verenigde Nasies behoort! Sokker het maar ‘n paar reels en is maklik verstaanbaar.

My eerste sokker wedstryd in Kaapstad Stadion was vir my en my gesin ‘n groot belewenis.Die organisering , die polisie , die atmosfeer (daar was gelukkig nie baie vuvuzelas in my ore nie)- alles was net uitstekend!  Wel gedaan Suid Afrika – Vir ‘n rukkie kan ons fokus op die positiewe ! Mag die Here Suid Afrika seen deur die mense van die land se optrede teenoor mekaar!!!

KategoriëKommentaar Tags: ,
  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: