Tuiste > Huwelik > Hoe hanteer jy ander mense?

Hoe hanteer jy ander mense?

Iemand het eenkeer gesê :dit is nie altyd wat jy vir mense sê nie , maar hoe jy hulle laat voel, wat saakmaak. Dit het my aan die volgende storie laat dink wat iemand eenkeer vir my gestuur het (weet nie wie dit geskryf het nie):

Dit is ‘n sekere eiland diep in die oseaan, waar die gewoonte was dat, indien ‘n jongman wil trou dan het hy dit eers vir die hele dorpie vertel. Daarna was die gewoonte dat almal in die dorp dan saam met hom sou gaan na die vader van die dogter se huis vir die onderhandelinge. Die pa en die jongman sal dan in die teenwoordigheid van die hele dorp “handeldryf”. Die hoof item op die eiland was dan die koei. Die jongman sal dan , gewoonlik twee koeie, aanbied vir die dogter. Indien sy nou uiters mooi was , of slim, dan het hy drie aangebied. Die rekord in die dorp was vier koeie. Johnny Lingo was die ryk jongman van die eiland. Die vroue op die eiland was in ekstase toe Johnny die dag bekend maak hy het sy vrou gekies. Groot was die skok toe die dorpenaars hoor dit was Lisa. Lisa was nie in die top tien mooi meisies van die dorp gewees nie. Lisa was skaam, onvriendelik, verwaarloos en bang. Almal was by Lisa se huis om die onderhandeling te hoor. Sommige het gespot en gesê dat Lisa se pa moet Johnny eintlik ‘n koei of twee gee. Groot was hulle skok toe Johnny agt koeie aanbied vir haar. Haar pa het amper inmekaar gesak, maar hy het dit aanvaar. Daardie aand is hulle getroud en die volgende dag het hulle vertrek na ‘n eiland daar naby waar hul huis was. Dit was hulle eerste huweliksherdenking dat hulle weer op die eiland kom om vir hulle ouers te kom kuier. Almal was verbaas oor die paartjie. Eintlik was Johnny die keer op die agtergrond, maar dit was Lisa wat die aandag getrek het. Sy was sprankelend, mooi, vriendelik, opgewek en liefdevol. Almal het net oor haar gepraat. Die einde van die dag moes hulle weer terug na hul huis. ‘n Vriend van Johnny het hom nader getrek en uitgevra na die transformasie van Lisa. Johnny het gesê dat Lisa is van haar geboorte behandel as ‘n ou stuk lap. Sy het later geglo dat sy ‘n nikswerd is. Ek het haar aan die dorp bekend gestel as ‘n agt koeie vrou en haar daarna so behandel. Sy het verander toe sy elke dag my bewondering en liefde in my oë sien.

My liewe mens , hoe hanteer jy jou geliefdes ? Is jou vrou/man, en kinders of vriende –  een koei , twee koeie of agt koeie mense ?

  1. 19/07/2010 om 14:42

    Dankie hiervoor – ek het nog altyd geglo mense word wat jy van hulle dink en hoe jy hulle behandel. Meeste mense, altans🙂

    Like

  2. 21/07/2010 om 02:30

    Wow! Dankie vir hierdie! Dis great!
    Ekself was n Lisa, ek ken die gevoel…. En ek ken die verandering….!

    Like

  3. 16/08/2010 om 08:37

    Wonder wat was Johnny se agtergrond en grondslag.

    Like

  4. Martin Geustyn
    24/01/2011 om 10:26

    Dankie, dit het regtig iets vir my beteken.

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: