Tuiste > Kommentaar > Jy het ‘n verantwoordelikheid teenoor jou vriende -wat drank betref!

Jy het ‘n verantwoordelikheid teenoor jou vriende -wat drank betref!

Met die sien van die Kyknet-program gisteraand ” ‘n Lewe met…..” wat gehandel het oor alkoholisme, het ek weer besef hoe aaklige verslawing drank is. Elsabe Zietsman het haar roerende storie vertel. Hoe sy verslaaf geword het en weer daarvan verlos is. My respek vir haar (ek het reeds baie waardering vir haar sangstem- ja selfs haar handtekening op ‘n cd van my!!!!) ) het net verdubbel.
Drankgebruik onder tieners en ouers is die een groot oorsake van die meeste ongelukke in die lewe. Dis ‘n sosiale ding- om dronk te word of om drank te misbruik. Die statistieke oor drankmisbruik onder tieners is skokkend. Amerikaanse statistiek gee aan dat die grootste rede vir tienerselfmoorde – drankmisbruik en dwelm misbruik is. Dit gaan in baie gevalle maar hand aan hand. Daar is ‘n rede waarom wetgewing dit wil hê dat tieners onder 18 nie mag drink nie. Dit belemmer die groei van breinselle. Jy kan jouself dus nie net dronk drink nie, maar ook dom drink. Ouers is maar die groot skuldiges hieroor. Hulle neem dit nie ernstige genoeg op nie.

Ek sien heeldag hoe huwelike, gesinne, kinders ens swaarkry deur drankmisbruik. Natuurlik is drank opsigself nie die skuldige nie, maar die misbruiker daarvan. Ekself het ‘n fase in my jong dae beleef dat ek ‘n geheel onthouer was, net omdat ek die skade wat drank aan mense doen so intens gesien het onder my vriende. Nou dat ek ouer is en geleer het dat daar so wonderlike drankie soos wyn is, wat geniet moet word vir sy skoonheid en nie misbruik moet word nie, is dit anders.
Tog is ek verbysterend oor die statistieke van drankmisbruik: In 1998 het Kaapse kinders tot 14 Miljoen rand ‘n jaar net aan drank spandeer (uitgesluit ander dwelms). Ek sou nogal wou weet wat dit vandag is !

Mnr. James Gregory, hoofbestuurder van Prime Cure Wellness, sê alkoholmisbruik op sigself kos Suid-Afrika in 2010 na raming meer as R9 miljard per jaar. “Die Vereniging vir Maatskaplike Werkers in Private Praktyk oftewel Saaswipp reken sowat 50% van ongelukke in die werkomgewing hou met alkohol- en dwelmmisbruik verband. Navorsing van die Mediese Navorsingsraad toon dat Suid-Afrikaners 5 miljard liter alkohol per jaar inneem. In sommige gemeenskappe gebruik meer as 30% van die mans en tot 15% van vroue meer as 30 liter alkohol per jaar.”
In ‘n artikel van Elim lees ek – In Suid Afrika sterf daar meer as 2000 voetgangers per jaar wat dronk was toe die voorval van hulle dood plaasgevind het. Mense wat alkohol misbruik bring vier keer soveel tyd in hospitale deur as mense wat nie alkoholprobleme het nie. ʼn Oormaat alkohol inname is die grootste oorsaak van lewersiektes en lewersterftes in die wêreld. ʼn Opname in Amerika, ʼn paar jaar gelede, het aangedui dat 62% van jongmense onder 16 jaar minstens een keer al dronk was. In Engeland word daar jaarliks sowat 6000 jongmense onder die ouderdom van 16 jaar, in staatshospitale opgeneem as gevolg van alkohol verwante voorvalle. ʼn Mens kan net wonder wat die syfer in Suid Afrika is, wat ʼn paar jaar gelede die twyfelagtige prestasie behaal het dat hy beskik oor “one of the highest per capita alcohol consumption rates in the world”. Ongeveer 95% van alle alkoholiste sterf as gevolg van die misbruik van alkohol en hierdie sterftes vind plaas op ʼn ouderdom ongeveer 26 jaar jonger as die normale lewensverwagting. So kan ʼn mens aangaan met die een statistiek na die ander wat hierdie vaal kol van alkohol net verder onderstreep.

Om terug te kom by Elsabe Zietsman se storie. Wat my veral getref het, was hoe sy drank gelos het – eers toe sy deur haar vriende se oë na haarself begin kyk- toe het sy die drank neergesit.
Dit laat my net weer dink hoe groot verantwoordelikheid elkeen van ons het teenoor ander mense, veral ons vriende. Jy moet eerder eerlik wees met jou dronk vriende as wat jy dit snaaks vinden vir hulle lag. Dronkenskap is  geen grap nie – dis tragies. Help eerder jou vriende om hulle deur ander se oë te sien, help hulle om sonder drankmisbruik  die lewe te geniet !!

  1. 08/09/2010 om 21:16

    Snaaks hoe ek en jy vandag so oor dieselfde ding skryf. Gisteraand se program het my ook aan die hart gegryp, dalk omdat ek ervaar het wat ‘n alkoholis aan ‘n huisgesin kan doen. Tot vandag sukkel ek om dronk mense te hanteer en gaan eerder net huis toe.

    Like

    • Q
      08/09/2010 om 23:48

      Dit is vir my tragies hoeveel mense getuig dat drank hulle lewens vernietig het. Ek stem saam met jou oor dronk mense. Dit is die een ding in die lewe wat ek nie dink is snaaks nie!

      Like

  2. 09/09/2010 om 09:15

    Hi Q

    In die vorige eeu (ja, ons het toe ook gelewe😆 ) was alkoholisme iets wat tussen die ‘coloureds en kommin witmense’ voorgekom het. Alhoewel, en dit moet ek eintlik kan onderstreep…alkoholisme net beter weggesteek is in huise waarvan die sosiale stand effe hoe”r was.

    Dus, daar was ‘n negatiewe stigma aan die misbruik van alkohol. Stap ek vanaand deur Stellenbosch se strate, slinger jong manlike en vroulike studente dronk oor die pad. Net soos gisteraand, en so sal dit moreaand ook wees. En dis nie alkoholisme nie? Enigiemand wat nie weet wanneer om op te hou drink, om nie slingerend of skadelik teenoor homself te wees nie, is ‘n potensiele alkoholis. (hierby kan ek voeg potensiele moordenaar, verkragter, dief, plunderaar…niemand het beheer oor homself as alkolhol eers beheer oorgeneem het nie!)

    Ongelukkig is dit vandag ‘cool’ om te drink. En cool om baie te kan drink. Vanoggend se eerste praatjie gaan oor hoeveel jy die vorige aand ingeneem het. En so begin ‘n persoon se afhanklikheid redelik vroeg.

    Maar STEEDS is mense te bang om hulle monde oop te maak en te praat met so ‘n persoon. Bang om vriendskap te versuur, ‘n party pel te verloor, gevoelens seer te maak. Crazy!

    Elsabe is nie my favourite kunstenaar nie. Ek dink ek het haar ontgroei. Maar dit is great wat sy reggekry het. Thumbs up to her. Ek dink net dat ‘n verslaafde so verdomp hardkoppig is, al die gepraat en gesmeek in die wereld help net mooi NIKS. As daardie persoon nie ‘n roepstem in sy siel kry om op te hou of hulp te kry nie, is dit ‘n gespoeg wind-op.

    Maar dit moet ons nie weerhou om mense met watse verslawing ookal, te probeer omkeer nie. En mag ons die Genade kry om by so ‘n persoon te staan, en langs hom te stap. Dis bitter swaar!

    *die hom kan ook haar wees😆

    Like

    • Q
      09/09/2010 om 09:44

      Weet nie of jy die fliek gesien het “When a man loves a woman” van Andy Garcia en Meg Ryan nie? Dit is ‘n ouerige(1994), aangrypende fliek van ‘n vrou wat drankverslaafde is en hoe haar man haar bygestaan het om daar deur te kom. Dit beeld die seerkry en skade wat dit aan ‘n gesin doen -baie realisties uit.
      http://www.movies.com/when-a-man-loves-a-woman/m12193

      Like

  3. 09/09/2010 om 09:52

    Ek het! Maar dis te ‘n sexy fliek om vreeslik impak te he. Tog, as jy dit so vir die derde keer kyk, sien jy dieper. Ek dink Meg het nie te ‘n bad joppie gedoen met die vertolking nie. en Andy is net te goed gewees vir woorde.

    Die pyn van die kindertjies bly my altyd by.

    Like

  4. Q
    09/09/2010 om 10:15

    Gelukkig is daar hulp en hoop vir mense wat gehelp wil word. Daar is die AA, en instansies soos Ramot 021 9392033 hier innie Kaap. Daar is ook Die Toevlug Rehabilitasiesentrum in Worcester 023 3421162 en ook die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) 021 9304472. Hulle doen almal wonderlike werk met drank en dwelmverslawing. Die grootste werk word gewoonlik gedoen deur mense wat naby die persoon is. Hulle het die ondersteuning en liefde ongelooflik nodig op die pad van herstel.

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: