Tuiste > Geestelike lewe > Is jy ‘n Ja-mens of ‘n Nee-mens?

Is jy ‘n Ja-mens of ‘n Nee-mens?

My opskrif verwys beslis nie na die fliek “Yes-man”  of  na ‘n dekade terug se motiveringsspreker wat T hemde vir “Yes” gedruk het , of na die Amerikaanse verkiesingsveldtog van “Yes we can” nie. Dit wat ek wil sê het juis niks met positiewe kondisionering te make nie.

Die Ja-mens waarna ek verwys, het ‘n Ja- gesindheid omdat hy van binne af vrygemaak is. Hy het ‘n ja – lewensingesteldheid omdat hy in vryheid leef . Genade maak jou vry. Dit is ‘n lewensveranderende vryheid!

Nee-mense sukkel om in vryheid te leef. Hulle is so vasgevang in eie negatiewe  wese, omdat hulle dink hulle moet alles verdien en daarom het hulle vreeslik baie reels. As mens kan jy nooit al die reels hou nie en dit maak jou negatief. Nee- mense sê nee vir alles in die lewe. Hulle is ongelukkige mense wat die gevaar in alles raaksien, soms bitter deur die lewe gaan omdat hulle sukkel om ander mense te vergewe. Hulle is nie gemaklik met hulself nie. Sulke mense sukkel om hulself toestemming te gee om vry te wees. Hulle het die lewe gereduseer na reels en regulasies sodat hulle maar net kan oorleef!  Die grootste nadeel wat hulle hulself misgun is die vreugde om in genade te leef.

Genade en vryheid loop hand aan hand.Indien jy in genade leef , word jy vry van vrese, vry van bitterheid, vry van onvergifnis en vry van jou eie ek! Om te weet alles is genade verander jou van binne af. Ek weet van geen vryheid groter as die vryheid wat jy kry deur te besef – jy staan onder die genade van God !

So positiewe ingesteldheid kom  nie deur jouself tot vervelens toe te probeer oortuig “Yes you can “ nie. Natuurlik is daar ‘n stuk waarheid daarin om jou onderbewuste met positiewe gedagtes te kondisioneer, maar die positiewe  ingesteldheid waarvan ek praat kom as jy jouself oorgee aan die genade van die Here. Dan word jy vry van jouself , vry van jou eie sieldodende reels wat jou soms so kan vaspen. God se genade maak jou vry, dit maak jou positief , want sy liefde oorspoel alles.Positiwiteit waar jy jouself moet kondisioneer om ‘n ja-mens te wees, is nie blywend nie. Die redding deur die genade van God is blywend -dit verander jou wese.

Ek lees die verhaal van President Jefferson (VSA) wat te perd saam met ‘n groep mense gereis het. Toe hulle by ‘n rivier kom waar die brug weggespoel het, moes hulle deur die gevaarlike rivier ry. Dit was ‘n lewensgevaarlike tog waar ‘n hele klompie manne van die perd afgeval het. Een so man vra toe vir Pres Jefferson of hy hom sal oplaai. Sonder huiwering het die president die man agter hom opgelaai en verder deur die rivier geneem. ‘n Rukkie hierna kom twee manne na hom toe en vra waarom hy nou juis die president gevra het om hom te help. ” Is hy die president , antwoord hy. – Ek het dit nie eens geweet nie. Al hoekom ek hom gevra het was omdat  hy ‘n Ja – gesig gehad het”.

Om in genade te leef gee ‘n mens ‘n “ja -gesig” Om in genade te leef maak jou vry .

Ek is seker dat Jesus ‘n Ja-Gesig” gehad het. Hy was omring van mense met baie geleerdheid en baie reels, maar Jesus was vry – Hy kon liefhê sonder hindernis van reels. Hy was vry , want Hy het geweet – Alles is genade!

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. 23/12/2010 om 16:21

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: