Tuiste > Uncategorized > Kan ‘n mens se liefde vir iemand so “Groot” wees?

Kan ‘n mens se liefde vir iemand so “Groot” wees?

Kan ‘n mens se liefde vir iemand so “Groot” wees?

Eintlik moes die opskrif wees: Kan ‘n mens se selfliefde so groot wees?

Ek vra die vraag na aanleiding van die voormalige student wat so obsessie oor sy meisie gehad het, dat hy haar ontvoer, verkrag, en vermoor het- dit alles omdat hy haar lief gehad het!

Daar is die verwysing in die Bybel – Joh 15:13 “Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.”

Maar die teenoorgestelde sal seker ook waar wees. Dat daar geen groter selfsug kan wees as om iemand ander se lewe te neem omdat jy jouself so lief het nie.(Onthou selfbejammering of selfbeheptheid is maar net abnormale verskyningsvorme van selfliefde)- Die lyn tussen minderwaardigheid en dat alles maar om jouself gaan is baie dun!

Natuurlik is dit ‘n sensitiewe en moontlik ingewikkelde saak. Daar is seker nie eenvoudige antwoorde nie.
Ek kry veral die ouers van die vermoorde meisie en die ouers van die man wat die daad gedoen het baie jammer. Selfs vir die man wat die daad gedoen het-
Ek hoop net dat hulle in tyd baie genade sal ervaar.

Miskien moet ons almal ‘n bietjie dink oor hoe ons elke dag lief het.
Miskien is jou en my se selfliefde so groot dat ons elke dag ander se lewens neem,
miskien nie letterlik nie, maar figuurlik. Ons doen dit dalk deur kwetsende opmerkings, sarkasme, ‘n meerwaardige houding of onreg omdat mense anders as ons is. Dit alles net omdat ons selfliefde ons grootste liefde is.

Die liefde van Jesus is liefde wat gee en nie neem nie: As jy dit besit – het jy ware opofferende liefde:

Dit gee lewe en neem nie lewe weg nie.
Dit gee hoop- neem nie hoop weg nie
Dit gee vergifnis en soek nie vergelding nie
Dit gee lewensruimte en beperk nie lewensruimte
Dit gee aanvaarding – soek nie selfbejammering nie
Dit gee onvoorwaardelik, sonder om iets terug te verwag!

Mag ons so liefhê en leef!

KategoriëUncategorized
  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: