Tuiste > Die Bybel > Om te ervaar hoe iemand ‘n Bybel in sy eie taal vir die eerste keer vashou!!

Om te ervaar hoe iemand ‘n Bybel in sy eie taal vir die eerste keer vashou!!

IMG_0504Op 24 Nov 2012 is die Bybel vir die eerste keer aan die Suid-Ndebele mense oorhandig. Hulle het voorheen gedeeltes van die Bybel beskikbaar gehad, maar nooit volledige Bybel in hul eie taal nie.

Om te ervaar hoe iemand ‘n Bybel in sy eie taal vir die eerste keer vashou- was  vir my ‘n geestelike hoogtepunt wat ek seker nooit sal vergeet nie. Om te kon ervaar hoedat jongmense wat vir die eerste keer hulle Bybel in ontvangs neem, dit onmiddelik gaan sit en lees…. Om te kon ervaar hoedat ‘n vrou die Bybel neem en teen haar hart vasdruk en die Here loof…. Om te kon ervaar waar mense trane in hulle oë kry en roerend dankgebede bid… Om te kon ervaar hoe mense angstig is om die Bybel in die hande te kry– dit alles het my hart gevul met dankbaarheid!!!

Vader Elija Mtsweni (91) het in die sewentiger jare versoek dat daar met ‘n vertaling begin word. Nou is dit uiteindelik klaar.  Soos Simeon van ouds het hy gebid ” Noudat ek die Bybel ontvang het , kan ek maar in vrede gaan “

Ek was baie bevoorreg om hierby betrokke te kon wees. Nou het al 11 amptelike tale ‘n volledige Bybel in hul eie taal.

Daar is egter net in Afrika 0mtrent 1300 tale wat nog niks van die Bybel in hul eie taal het nie. Bid saam met my vir mense wat vertalingswerk te doen , asook die voorsiening van fondse vir so groot projek!!

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: