Tuiste > Waardes > Oktobermaand

Oktobermaand

OKTOBERMAAND

C. LOUIS LEIPOLDT

Dit is die maand Oktober!  Die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,

Dit is die maand Oktober!  Die varkblom is in bloei;
oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei;
die koppies, kort gelede nog as ‘n klip so kaal,
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal;

Dit is die maand Oktober!  Die akkerboom is groen;
die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen;
en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos,

Dit is die maand Oktober!  Ek dink die mense vier
vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?

Wat gee ek om die winter?  Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
met elke dag so helder, so pragtig elke aand!

KategoriëWaardes
  1. 02/10/2013 om 09:42

    En dan is daar mense wat die Afrikaanse Taal wil vernietig! Sulke mooi woorde.

    (Jy weet Amanda is in die Kaap hierdie maand ne – State of the Heart. Ek gaan dit ‘n sesde keer kyk)

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: