Tuiste > Aktueel, Spiritualiteit > Hoe dikwels maak jy tyd vir dink?

Hoe dikwels maak jy tyd vir dink?

Ek kan nie funksioneer as ek nie tyd maak om te dink nie. Ek moet moeite doen en vir myself “dinktyd”  inrig, want tyd daarvoor kom nie vanself nie. Die lewe is so gejaagd – As jy nie tyd maak om stil te word en te dink nie, verloor jy een van die belangrikste aspekte van ‘n sinvolle bestaan. Mense dink in die algemeen te min oor hulle eie lewe, die samelewing, sommer oor alles. Die internet waar ons alle inligting in ‘n japtrap kan kry, het ons lui gemaak om vir onsself te dink en ons eie menings te vorm. As jy nie dink nie word jy nes ‘n “zombie” , jy tree outomaties op. Ek glo dit is van te min dink en reflekteer dat daar ‘n samelewing ontwikkel waar mense slaafs persone en partye navolg. Dit is mos Hitler wat gesê het  “What luck for rulers that men don’t think”.  Mense wat nie reflekteer nie word nie net slawe van ander nie, hulle sukkel om die sin en betekenis van hulle eie lewe te vind.

Dit het baie voordele as jy tyd spandeer om te dink- (dinktyd)?  Dink gee jou tyd om regstellings in jou lewe te maak. Dit help jou om jou eie mening oor dinge te vorm. Dink gee jou kans om werklik oor jou lewe en jou lewensreis te reflekteer en sin daarin te vind. Dinktyd help jou om jou lewe te orden en jou prioriteite te herskik. Dit bevorder kreatiwiteit. Dit help jou om as mens te ontwikkel en te groei. Jy moet in sulke tye egter nie slegs met jouself besig wees nie. Jy moet oor nuwe en interresante dinge dink. Jy moet oefen om oor ‘n verskeidenheid sake te dink.

Iewers het ek gelees dat indien die mens nie sy vermoe om te dink en te reflekteer gebruik nie, hy dit ewolusioner kan verloor. Mense wat stagneer in hul lewenstyl, wat sukkel om ander se standpunte in te sien, wat met oogklappe leef, is mense wat nie meer dink nie. Die samelewing met al die sepies, reekse, sport en “slapstick” is ingestel op vermaak. So leer mense wat altyd ‘n toeskouer wil wees nie meer om te dink nie. Dit is een eienskap van goeie leiers – hulle maak tyd om te dink. Mense wat ‘n verskil maak, wat die samelewing verander, wat op die voorpunt is, wat ideale nastreef, is mense wat tyd maak om te dink!

Jy moet ten minste elke week iewers tyd maak om konstruktief en doelbewus te dink. Kies ‘n saak en en dink daaroor. Ons voel oor die een of ander duistere rede (moontlik die verbruikers mentaliteit in die samelewing) dat ons heeltyd moet besig lyk. Ons vertel ook graag vir ander dat ons so besig is, asof dit ‘n prestasie is om ons lewens so verby te jaag! Ons moet die mite nek omdraai, want ons maak van onsself “masjiene “.  Jy moet tyd maak om te reflekteer. Elke mens doen dit anders. Sommige se beste dinktyd is in die stort, ander dink weer in die natuur of as hulle vroeg opstaan. Ander gaan weg vir ‘n dag en verbreek alle kommunikasie vir hulle dinktyd, sodat hulle alleen kan wees. Daar is mense wat elke dag iewers tyd maak om te lees en dan goed te reflekteer, terwyl ander mense sepies kyk.

Ons moet egter nie dinktyd verwar met tye waar jy vir ure oor die verlede en negatiewe gedagtes jouself kondisioneer nie. Met dinktyd bedoel ek dat jy moeite sal doen om produktief oor spesifieke dinge te dink, om moeite te doen om die groter prentjie raak te sien, om nuwe idees uit te dink, om te dink hoe jy positief ;n verskil kan maak, om vrae te vrae oor bykans alles, om positiewe antwoorde te soek. Jy gaan ast ware met jouself en die samelewing in debat.

Dit help natuurlik as jy  baie lees en jou blootstel aan ander mense wat baie dink oor die lewe.  Jy stimuleer jou denke deur baie te lees en met interesante mense en ander mense wat dink tyd te spandeer.

Dit is mos die Bybel waar Paulus in Romeine sê dat ons ons denke moet vernuwe. Dit is eers as ons God toelaat om ons denke te vernuwe dat ons dinge sal onderskei waarop dit regtig neerkom.

Miskien kan jy al die komende openbare vakansie dae gebruik  om weer vir jouself ” Dinktyd” te skep!

 

 

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: