Tuis > Geestelike lewe, Uncategorized > Hoe weet jy wanneer om te bedelaars te help?

Hoe weet jy wanneer om te bedelaars te help?

Ek dink ons almal word met bedelaars gekonfronteer. As dit nie by jou voordeur is nie, is dit by die verkeersligte of winkelsentrums. Soms wil ek net van hulle vlug, ander kere doen jy moeite en ry agter iemand aan om hom te help. Ons is nie die enigste land ter wereld waar dit so gaan nie. Ek het dit ook al in baie plekke in Europa (veral Oos-Europa) gesien. Die feit van die saak is daar is baie arm mense rondom ons en ook heelwat mense wat nie kans sien om te werk nie. Ons word daagliks met hulle gekonfronteer. Hoe moet ons teenoor hulle optree in ons persoonlike hoedanigheid?

As ek van mense in nood praat, praat ek nie van mense wat ons ken en naby aan ons is nie. Meeste van ons is baie ingestel om mense wat ons ken of mense van ons eie gemeenskap – te help waar ons kan, die twyfel oor hoe om op te tree kom by die vreemdelinge wat so in openbaar bedel.

Soms is hulle werklik arm en is honger! Soms vermoed  jy hulle is kansvatters en wil nie graag werk nie. Ander kere is dit gewoontebedelaars. Bedel is vir sommiges ook ‘n werk!  As jy in ‘n geselskap is, het mense verskillende menings hoe om teenoor sulkes op te tree. Die een se kommenrtaar is dat hy nooit geld gee nie, want baie koop net drank. Die ander sal weer niks gee nie want ‘n mens moet werk vir jou geld. Dan sal jy ook die kry wat so jammer voel en almal probeer help.

Bedelaars het soms ‘n dillemma. Baie van hulle kry regtig nie werk nie. As hulle kos steel, dan word daar vir hulle vertel:” Jy moes net gevra het vir kos – moenie steel nie”  As hulle kos vra – dan jaag ons hulle weg om werk te gaan soek. Nou wat nou? Ek kan my net indink dat as iemand bereid is om te bedel het sy nood al so groot geword dat hy/sy hulle trots lankal verloor het. Ons moet een realiteit aanvaar. Ons leef in ‘n land waar baie mense werkloos is en regtig nie kos het om te eet nie. Ons leef ook in ‘n land waar baie mense lui is en nie wil werk nie.  Sommiges se nood is so hoog hulle het nie meer raad nie! Ander is weer lui. Hoe onderskei ons nou vir wie om te help en wie nie?

Hier is ‘n paar opmerkings waarroor jy moontlik kan nadink:

* Jy kan nie alleen die hele wêreld help nie, Kies vir jou een of meer mense wat jy doelbewus help en bystaan.

* Wees ook gereed dat daar elke dag oor jou pad mense kom waar jou R2/ R5 of kos ‘n radikale verskil in hulle lewens kan maak.

* Hou in gedagte – dat jy indien jy vir mense geld gee – moedig jy hulle aan om meer te bedel(dis mos maklik!) ! Jy help hulle nie regtig nie.

* Moenie jou kop breek oor wat hulle met jou kos of geld doen nie- Soms weet jy hulle gaan die trui wat jy gee verkoop of selfs drank of ‘n lotto kaartjie  met jou R5 koop. Dit is hulle eie verantwoordelikheid.

* Wees heeltyd bewus dat dit wat jy besit,  nie deur jou tedoen is nie.  Die Here leen dit vir jou. Jy sal eendag rekenskap gee oor hoe jy jou seëninge gebruik het om vir ander tot seën te wees!

* Ons moet elke dag ingestel wees om ander mense te help. Jesus het self in Mat 25 gesê dat die manier hoe ons teenoor ander mense optree die manier is hoe Hy na ons sal kyk. vs 45 “sover julle julle dit aan een van die geringstes nie gedoen het nie, het julle dit ook nie aan My gedoen nie”  Hierdie vers kla my altyd aan !!!!!

* Jak 5:11 ” Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming”

* Vertrou jou instink wanneer en waar om te help. Die Heilige Gees sal vir jou duidelik wys.

*Ons is nie vir onsself op aarde nie, maar eintlik vir almal om ons!!!

 

Ek is seker elkeen wat hier lees het een of ander verhaal om te vertel (positief of negatief) oor mense wat hulle in goeder trou gehelp het!  Om te gee – bly egter ‘n voorreg en ‘n gawe!!!!!

  1. Geen kommentare sover.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar