Tuiste > Spiritualiteit, Waardes > Is dit moontlik om regtig gelukkig te wees?

Is dit moontlik om regtig gelukkig te wees?

Om gelukkig te wees, is nie iets wat van nature kom nie. Dit is ʼn gemoedstoestand wat deur jare ontwikkel en jou hele menswees en wese beïnvloed.

ʼn Gelukkige mens is ʼn positiewe mens. Om gelukkig te wees beteken nie om die soms negatiewe omstandighede of omgewing te misken nie, maar om te midde van sleg dinge wat oor jou pad kom steeds gelukkig te wees! Geluk groei deur die leerervaring van elke mens oor hoe jy elke situasie hanteer. Om gelukkig te wees kom nie met een oogopslag nie – dit is iets wat groei totdat negatiewe gebeurtenisse of omstandighede dit nie meer regkry om jou innerlike geluk te steel nie!
Hieruit sal jy aflei dat ek van mening is dat geluk van binne af kom. Dit is nie iets wat van buite afkom nie. Jy is dus nie werklik gelukkig omdat daar iets positiefs met jou gebeur het nie, ook nie ongelukkig omdat daar iets negatiefs met jou gebeur het nie. Geluk kom van binne -daarom kan ware geluk nie deur iets van buite weggeneem word nie. Soms kan tragiese gebeurtenis jou geluk dormant maak (jou geluk as’t ware “pause”), maar dit kan dit nie wegneem nie.
Om gelukkig te wees kom deur ʼn volhoubare beoefening van ʼn positiewe ingesteldheid.

ʼn Paar opmerkings hoe geluk kan ontwikkel of groei:

  •  Die fondament van geluk is natuurlik om ʼn “nuwe” lewensuitkyk te ontvang. Ons diepste geluk is in Christus gesetel.    Hy is die koning van ‘n gelukkige hart.
  •  Jy moet doelbewus negatiewe denke beveg. Moenie meer negatief oor mense praat nie. Praat opbouend van ander, sien doelbewus hulle sterkpunte en positiewe bydrae raak!
  • Oefen jouself om minder te kla. Moenie kla oor jou gesondheid of jou werk of iemand nie. Soek die positiewe bydrae wat die iets/iemand waaroor jy wou klae tot jou lewe voeg.
  • Kry dissipline in jou lewe. Dissipline beteken om goeie geestelike en lewens gewoontes aan te leer en daarby te hou. Dissiplineer jou geestelike lewe, jou eetgewoontes, jou spaargewoontes.
  • Respekteer ander mense. Behandel alle mense met respek.
  • Hou op bekommerd wees oor enigiets. Bekommernis is ʼn negatiewe stimulant!
  • Handhaaf ʼn getroue gebedslewe.
  • Oefen jouself om tevrede te wees. Wees tevrede met jou besittings, jou huwelik, jou kinders.
  • Doen moeite met vriende. As jy nie vriende het nie – is dit omdat jy van jou kant af niemand se vriend is nie.
  • Leer om ʼn omgee mens te wees wat meer genot daaruit put om te gee as om te ontvang.
  • Leer om te vergewe! ʼn Gesindheid van onvergifnis, maak jou ongelukkig!
  • Onthou die lewe gaan nie net oor jou nie.
  • Geluk beteken nie dat jy die seerkry en sukkel wat na jou toe kan kom daardeur gaan keer nie. Jy kan egter kies hoe om die ongunstige omstandigthede te bestuur.
  • Gelukkige mense leef in afhanklikheid van God!

Ons sou nog baie meer kon byvoeg – veral die Bybelse vrugte van die Gees in Gal 5 wat al help om jou ʼn meer konstante gelukkige mens te maak! Ja dit is moontlik om gelukkig te wees. Om gelukkig te wees beteken om geseend te wees. Gaan lees weer Matteus 5 oor die seën van die Here!

 

  1. 17/10/2014 om 19:28

    Baie oulik, ek het ‘n vriendin wat eenvoudig te lui is om blymoedig te wees. Na vele jare het ek besluit basta met haar drama. Sy wil eenvoudig nie ophou om ‘n ongelukkige asynkan te wees nie, want waaroor sal sy dan kan kermderm. Sy het ‘n oulike man, oulike kinders, kleinkinders, finansies is goed en gesondheid is oor die algemeen goed. Maar ai…die lewensuitkyk.

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: