Tuiste > Aktueel, Kommentaar > Dankie tog- dit is my troos dat hierdie wêreld nie my bestemming is nie!

Dankie tog- dit is my troos dat hierdie wêreld nie my bestemming is nie!

Destyds net na die World Trade Sentrum – se aanvalle het ek die eerste keer gehoor van die naam Osama Bin Laden. Sedertdien het ek bewus geword van die groot rol wat hy lankal speel in die wêreld van terrorisme, sonder dat ek en baie ander van hom geweet het.
Met die bekendmaking van die Waterkloof fiasko het ek die eerste keer gehoor van die Guptas se bestaan. Sedert die begin van die jaar het ek bewus geword hoe groot rol hulle in ons land se regering speel.Hieroor hoef ek seker nie uit te brei. Wel as ek, wat elke dag nuus lees, so oningelig was oor wat agter die skerms gebeur – Hoeveel te meer sal die man en vrou wat nooit nuus lees of hoor nie – wie se lewe daaruit bestaan slegs om te oorleef – enigsins weet  wat agter die skerms gebeur. Dan kan ‘n mens seker nie die massas verkwalik dat hulle steeds vir Zuma ondersteun nie. Hulle weet nie van al sy geheime verbintenisse en korrupsie nie- en wil dit in elk geval nie glo nie. Ons leef in ‘n vreemde wereld – Ja natuurlik is ek van plan om my bes te doen om dit daagliks ‘n beter plek te maak – Maar dit is vir my ‘n groot troos dat ek net in die wêreld woon en dat die wêreld nie my bestemming is nie.

KategoriëAktueel, Kommentaar Tags: , ,
  1. Hendrik Duvenhage
    23/04/2016 om 18:20

    Baie geluk met jou pos, ek erken dat ek nog beseig is om ‘n goeie aantal van jou plasings te lees. Ek wil net vir jou sê hoe goed jy is op die beskrywing van die dinge jou op blog – ek moet ook erken ek vind dit insiggewend om jou blog te lees. Hou aan met die goeie werk.Hendrik Duvenhage http://www.hendrikduvenhageblog.wordpress.com/

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: