Tuiste > Geestelike lewe, Uncategorized > Die belangrikste besluit wat jy moet neem is: Hoe gebruik jy jou tyd?

Die belangrikste besluit wat jy moet neem is: Hoe gebruik jy jou tyd?

Tyd is ‘n interessante verskynsel. Thielicke het gesê dat ons soms ons tyd verwar met die rondheid van ons horlosie en dink dat dinge wat ons vandag gemis het, maar net weer en weer die oor ons pad sal kom. Tyd moet eerder op ‘n reguit lyn wees, want as die belangrike dinge eers verby is gaan ons dit nooit terugkry nie. Miskien is dit genoeg rede om so wyle stil te staan en na te dink oor ons keuses wat ons in die lewe maak.

Die ou bekende spreukwoord van “Koop die tyd uit” het by meeste van ons ‘n cliché geword wat ons graag vir jongmense sê, maar dit is een saak wat baie mense nie doen nie. Dalk is dit weer ‘n goeie tyd om vandag weer te dink oor die besluite wat ons neem oor die inrigting van ons lewenstyd!  Dit is JR Tolkien wat in “The Lord of the Rings”  vir Gandalf laat vra het:  Wat is die belangrikste besluit van jou lewe? Dit is jou besluit hoe om die tyd wat jy oor het, te gebruik! 

As jy die tyd nie goed gebruik nie , is dit vir altyd verby! ‘n verjaarsdag , ‘n huweliksherdenking – as dit verby is,  is dit verby. Die kans om vir mense op te bou in plaas van af te breek. As jy eers iemand afgebreek het, is daardie vertroue geskaad en kan dit moeilik omgedraai word. As jy verkeerde lewenstyl het , is die skade aan jou liggaam gedoen. As jy net vir jouself leef en nie vir ander nie , sal jy ‘n alleenmens bly . Die keuse wat jy maak om ‘n sinvolle lewe te hê kan verbygaan. Die keuse wat jy maak wat jou lewens-  prioriteit is word gesien in jou ure wat jy elke dag leef.

As jy na jou daaglikse program kyk , onthou dat die saak waaraan jy die meeste tyd spandeer , jou hoogste prioriteit is. So gesien,  skrik jy as jy werklik besef hoe min aandag jy moontlik aan die belangrikke dinge en persone in jou daaglikse lewe gee. Dit is nie lippetaal nie, maar jou daaglikse tydspandering wat die werklike maatstaf vir die prioriteite in jou lewe uitwys.

Gelukkig is die genade van die Here darem tydloos.  Hy gee tog nuwe geleenthede om nuwe keuses te maak- Daarom moet ‘n mens soms goed nadink en eerder vorentoe dink . Watter keuses kan ek nog in my lewe maak?  Volg dan die moed van jou oortuiging en maak goeie besluite van hier af!

 

 

 

  1. Nog geen kommentaar nie.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: