Tuiste > Gebed/Spiritualiteit, Geestelike lewe > Ons is so deksels nietig -dink ek vanmore..

Ons is so deksels nietig -dink ek vanmore..

Ek is vanoggend so bewus van die mens se nietigheid en verganklikheid: Eers kom die ongenadige droogte en min water, wat ons weer laat besef het hoe vanselfsprekend ons alles aanvaar; – Toe die geweldige stormwinde en oorstromings waar mense  hul lewens en  huise verloor het; Toe die berigte van die vernietigende vuur by Knysna . Al daai mense wat dood is, woude , huise, diere wat brand. Dit het my laat sidder. Ook in die Oos Kaap is daar erge brande. Toe hoor ek ook van my skrywersheld PG du Plessis wat gegroet het .Hy het ons mos voordurend daaraan herinner dat alles op aarde verganklik is en dat alles en almal op ‘n stadium gaan sterf.

Wat het ons dan oor? Ons besittings is tydelik , dit kan enige oomblik weg wees- Ons lewens sal een of ander tyd eindig- Ons kan dus nie nie groot kastele vir onsself probeer bou nie.

Al wat ons het – is Tyd. Dit is in genade vir ons gegun en ons weet nie tot wanneer nie.

Ons het dus net tyd om te leef  en dit sou ‘n fout wees om die tyd, besittings , gawes -ja talente – net aan te wend vir eie plesier en eie lewe.  – Daar is geen ewigheids waarde daarin nie. As die konkryk wat ons vir onsself opbou deur ‘n vuur vernietig kan word of met die daling van die aandele beurs verminder kan word  – het dit geen waarde.

Maar  ek besef weer opnuut dat ek deur  genade – my liefde, gawes , talente en selfs besittings ontvang het – om in die tyd wat ek op aarde gekry het – so aan te wend – dat ek ander mense se lewe meer verdraagsaam moet maak. Dat ek die Here met dankbaarheid moet dien vir alles wat ek in genade ontvang het.

Ek besef weer opnuut dat die mense naby aan my (my gesin en vriendekring )en die mense verder van my (almal wat ek ken en nie ken nie)  – dat ek vir daar is om hulle almal te dien- Om meer te gee as wat ek kan terugkry -om meer lief te hê as wat ek terugontvang . Om meer vir hulle te bid as waarvoor ek dink ek tyd het. Om elkeen na waarde te skat en met genade te benader.

As ek dit nie doen nie – is alles tevergeefs !!! Soos stof in die lug!!! Here wees my genadig om so te dien – Vir U en my naaste!

Advertisements
  1. Geen kommentare sover.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: