Boeke om te lees

Ek is baie lief vir lees. Ek het ook ontsettende baie boeke in my biblioteek. Op die bladsy wil ek so van tyd tot tyd een noem wat ek dink vir iemand in sy omstandighede iets kan beteken. Ek noem hier doelbewus nie teologiese boeke nie, maar boeke wat vir die gewone gelowiges baie kan beteken.

23/09/2014

*

26/3 /2014

+           Breakfast with Bonhoeffer- deur Jon Walker

Skrywer vertel van sy geestelike reis en hoe hy al sy vrae bemeester het deur krisisse

+           Fees van die ongenooides- PG DuPlessis

Een van die beste boeke wat ek ooit gelees het- Gaan oor die Anglo boereoorlog en konsentrasiekampe

 

Vorige Boeke

  • Celebration of Discipline – Richard Foster

– Dit is ‘n geestelike gids vir ‘n persoonlik toegewyde lewe

  • Living with Jesus Today- Juan Carlos Ortiz

-In die boekie verduidelik Ortiz  op ‘n eenvoudige manier -hoe om te leef soos Jesus wil

  • Wie was Jesus regtig? – Francois Wessels

– Hierdie boek handel oor die historiese Jesus – Wie was Hy en watter teoriee is daar rondom sy aardse bestaan.

  • Rykdom in eenvoud- Willem Nicol

– Dit vertel van ‘n alternatiewe lewenstyl. Waaroor gaan rykdom nou eintlik. Dit gaan oor ‘n nuwe ryke lewenswaarde sisteem.

  • Revolution of Character- Dallas Willard

-Ontdek die ritme van Christus vir ‘n lewe van spirituele transformasie.

  • Prayer   Philip Yancey

Dit is seker een van die verrykendste boeke wat ek nog oor gebed gelees het. Baie gebalanseerd. Hy ondersoek die vraag na gebed en die dieper motivering daarvan. ‘n Moet om te lees Een van my beste boekelys van 2009

  • Where is God when it hurts? Philip Yancey

Op sy besondere manier bring Yancey troos vir moeilike omstandighede. Hierdie boek het die Amerikaanse Rooikruis na die 11 Sept vliegaanval gratis in Amerika versprei .

  • When God doesnt make sense  -James Dobson

  1. 27/02/2010 om 18:13

    ‘n Boek wat ek geniet het: Die hand wat die spykers ingeslaan het.

    Like

  2. Q
    27/02/2010 om 21:57

    Dankie Nikita

    Die boek waarna jy verwys is mos al ‘n boek wat lank terug gepubliseer was en baie kere herdruk is. Ek weet dat dit ‘n boek was wat baie mense geraak het.
    Iets soortgelyks aan daardie verhaal van die Romeinse soldaat was FA Venter se boek ” Man van Cirene”. Dit het weer gegaan oor Simon van Cirene wat Jesus se kruis gedra het. Dis ook ‘n ou boek en sal nie meer in die handel wees nie , maar as jy dit ooit in die hande kry is dit die moeite werd om te lees

    Like

  3. Anne
    17/03/2010 om 15:40

    The last addiction van Sharon A. Hersch is vir my ‘n baie goeie boek en dit laat mens dadelik aan verslawing dink en dis tog die laaste ding wat ek wil dink ek is, maar na my mening is dit ‘n boek wat elke mens maar kan lees. In ‘n sekere mate het baie van ons verslawings en nie noodwendig drank en dwelms nie en dit gee jou ook ‘n baie goeie perspektief van die verslaafde. Sy is ‘n professionele persoon met eerstehandse ondervinding.

    Like

  4. Carol
    18/03/2010 om 09:53

    Ekself het die boek “Die hand wat die spykers ingeslaan het” geniet. ‘n Ander boek wat ek ook geniet het was “Die Dertiende Dissipel”. Ek kan nie meer die skrywer se naam onthou nie, maar dit was vir my die moeite werd om te lees. “n Ander boek wat ek nou onlangs gelees het was “The Sineater” deur (as ek reg onthou)Francine Rivers. Die boek is in die 1ste persoon geskryf. Ek noem dit sommer “Ek boeke”. Dit gaan oor ‘n groepie mense wat ‘n in wouderige omgewing woon en nie juis geleerd is nie. As iemand sterf, is daar iemand wat sy/haar sondes op hom neem, sodat die afgestorwene “in vrede die hemel kan binnegaan”. En hoe daar op ‘n dag ‘n sendeling in daardie omgewing kom en 2 kinders se nuuskierigheid die oorhand kry en dan ook tot geloof kom. Ek het ook vir my die dvd aangeskaf, maar dit skiet vér tekort. Die boek is ‘n baie beter opsie. Lees gerus en oordeel maar self. Ek sal gereeld hier inpop om te sien watter leesstof die moeite werd is om te lees, so asseblief, laat weet gerus en gereeld as julle van iets hoor wat die moeite werd is om te lees. Ek glo daar is heelwat sulke boekwurms soos ek en jy wat maar te dankbaar is om van nuwe leesstof te hoor.

    Like

  5. Carol
    18/03/2010 om 09:57

    Man van Cirene is ook ‘n awesome boek om te lees. Ek is een van daardie mense wat myself inleef in die boek…ek word deel van die verhaal en met Man van Cirene was dit ook nie anders nie. Ek het so ‘n “kykie” gekry van hoe dit vir Simon moes wees om die uitverkorene te wees om Jesus se kruis te help dra, toe Jesus se kragte ingegee het.

    Like

  6. Carol
    23/03/2010 om 09:26

    Hierdie is net ‘n update op my vorige insetsel re Die 13de dissipel. Ek het in my boekrakke gaan rondgrawe en my boek opgespoor. Die 13de dissipel is deur Johan van Schalkwyk geskryf en hier is ‘n ietsie waaroor die boek gaan. Dis die verhaal van Archippus, jeugvriend van Jesus…Archippus en Jesus het saam grootgeword en later in Nasaret saamgewerk. In die malende massa mense op pad na Jesus se kruisiging word hy ernstig beseer deurdat ‘n Romein se perd hom raaktrap. Tydens sy siekbed kom hy onder die indruk van Jesus se Goddelike genade…
    Die verhaal van Archippus is een van verwondering soos die gebeure ontvou, besef hy dat Jesus die Een is wat sou kom. Dis ‘n verhaal van wroeging, die prys wat betaal moet word om volgeling van Jesus te wees.
    Hoop dit inspireer jou om die boek te lees…ek moet erken ek het dit lank gelede gelees en dink dis nou weer tyd om my geheue ook te verfris…dis die lekkerte van boeke..mens kan dit weer en weer lees sonder om moeg te word vir die verhale. Lekker lees en onthou om asseblief te laat hoor van boeke wat regtig die moeite werd is om aan te skaf en te lees.

    Like

  7. Q
    23/03/2010 om 16:26

    Carol

    Dankie Dit is vir my goed dat jy ‘n paar sinne oor ‘n boek skryf – dit help ander om te besluit of hulle dit wil lees of nie.
    Hou aan vir ons help!!

    Like

    • Carol
      18/04/2012 om 09:20

      Weet ds dalk waar ek die boek “Prayer” deur Philip Yancey te koop kan kry, aangesien dit blykbaar uit druk is?

      Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: