Kursusse oor Gebed

Kursusse vir kleingroepe en Gemeentes

*    Fokus op meer as 200 vrae oor Gebed:             Attie Barnard

Seker een van die omvattentse moderne gebedsboeke in Afrikaans Kleingroepe/         Gebedsgroepe/indiwidue   kan hierdie 246 kort hoofstukke sistematies deurwerk en         bespreek. Daar is min boeke in Afrikaans wat teologies so suiwer  en eenvoudig         onderwerpe rakende gebed behandel.Dit is ook ideaal vir ’n gebedskursus in ’n         gemeente /kleingroepe (Lux Verbi)
•    Renovation of the heart     Dallas Willard
Hier is ’n 6 weke (dalk 40dae) kursus om die karaktertrekke van Christus in jou lewe     in te neem.Dit het ‘n DVD by, groepboek by en ’n basiese boek. Goeie kursus     om     in gemeente aan te bied.(Communitas kan dit bestel)
•    Emosionally Healthy Church        Peter Scazzero
Dit is ook ’n basiese boek met ’n groepbesprekingsboek vir 8 weke lank. Dit kan ’n     gemeente baie help om emosioneel en spiritueel volwasse te word. (Communitas kan dit     bestel)
•    Spiritual disciplines(Handbook)    Adele Calhoun
Dit is ‘n uitstekende boek wat 62 geloofsdissiplines kortliks verduidelik en dit     prakties maak. ‘n  Baie goeie boek om as kursus vir kleingroepe of self in     besprekingsvorm weekliks aan te bied. Kyk na prentjies van Nico Simpson  op ons     webwerf.
•    Lord teach me to pray in 28 days   Kay Athur.
Hierdie is ook ‘n oulike gebedskursus(28 dae)wat in gemeente /kleingroepe gebruik     kan word. . Dit verskyn ook met groep dvd Kan van website bestel word     http://www.lifeway.com
•    Beleef God   H Blackaby &King
Hierdie is ‘n uitstekende 12 weke kursus oor spiritualiteit -om God se wil vir jou     lewe te verstaan-  wat jy in die gemeente kan aanbied. Ek het dit al gedoen sonder         die videos , want ek kry die videos nie in die hande (as jy dit het help ons asb)
•    Bybelmedia basiese Gebedskurus
Hierdie basiese kursus- wat omtrent 6 lesings het, is deur Attie van Wijk opgestel     en kan afgelaai word by   http://www.bmedia.co.za/dienste  (kliek dan op aflaaibare     produkte ). Dit is bruikbaar en sinvol om aan te bied in gemeente.
•    Kyk gerus na die kursusse wat Jerigo Mure in gemeentes aanbied.
Bennie Mostert het ook verskeie boeke geskryf wat inligting oor gebed gee.

•    Kyk na die kursusse wat Sentrum vir Spirirtualiteit in gemeentes aanbied

•    Die luisterseisoen reeks is ‘n goeie manier om mense in luister te skool

  1. Carol
    11/05/2010 om 15:57

    Waar / hoe kan ek die luisterseisoen reeks bekom? As iemand dalk inligting het, laat weet my asb en dankie.

    Like

  2. Q
    11/05/2010 om 16:05

    Carol Jy kan Bybelmedia kontak
    Groete

    Like

    • Carol
      12/05/2010 om 10:55

      Baie dankie ds. Sal die nodige doen.
      Groete
      Carol

      Like

  3. BB
    17/05/2010 om 08:08

    Heita Ds! “How to pray” en amper belangriker nog : “how to get your prayers answered”😉 lê my nog altyd om die een of ander rede vreeslik ná aan die hart. Ek kon as kleintjie blykbaar ook nooit die versies resiteer voor slapenstyd nie – my ma seg ek het partykeer so lank gebid dat sy haar kop langs myne op die kussing gesit het en soms selfs liggies aan die slaap geraak het😆 – sy’t gedink ek het ‘n issue om te gaan slaap – maar sy sê sy weet lankal dis maar net om die een of ander rede vir my héérlik om met Hom te praat. Een familiegrappie is: “Sy bid so lank want Hy praat nie terug en maak haar ook nie stil nie…”
    My boetie het desjare al vinnig geleer om aan te bied om die danksegging gebed te doen voor etes (en hy’t dit geháát om voor ander mense te bid) – dis net oor hy hom gewip het oor ek kwansuis die kos koud gebid het.
    En toe kom my laatlam… en ek leer hom bid soos die ander twee voor hom ook – nie rympies nie, maar bid. En hy vra my eendag toe hy kon begin redeneer, hoe dit partykeer dan so klink of die gebed dieselfde is, maar ook nie – hoe hy moet onthou wat hy als wil sê, vra of sommer net praat.
    Sien, my ouma het my geleer om die ‘Onse Vader’ te gebruik – en dit het nie ‘n kursus nodig nie. Ek bid net die Onse Vader se formaat – en dis ‘n eye-opener vir so baie mede Chistene dat ek wonder hoekom niemand hulle dit maar net eenvoudig leer nie. God het in Sy Groot Genade geweet ons gaan tot sukkel met so ‘n eenvoudige ding soos om tot Hom te bid – dat Hy deur Jesus ons gebless het met die solution – Almal ken die ‘Onse Vader’ – almal bid dit woord vir woord – maar bittermin mense weet dat hulle maar net kan byvoeg, inlas en tussen die lyne moet ‘werk’.
    Nou smile ek net partykeer so in my stilligheid as daardie kleintjie bid en hy kom by die volgende ‘stap’ – bv. hy’s nou net klaar met “gee ons vandag ons daaglikse brood” (en als wat hy nog voor vra, almal wat hy wil opdra wat tekort het aan die een of ander ens…) en dan moet hy focus… dan prewel hy die hele ‘Onse Vader’ weer van voor tot hy by die volgende stap kom (saggies dat ek nie moet hoor nie) – en dan glip daar ‘n “o ja!” uit… en vergeef my my sondes – en daar trek hy weer los… Siestog – maar ek moet eerlikwaar sê – dit gee mens tog ‘n amperse sterker gevoel van vertroue dat die gebed ‘gewig dra’ – want ‘afterall’ het Hy ons tog so geleer, bid. Nê?
    Luister is seker die moeilike gedeelte – veral vir ons vrouens:mrgreen: – maar ek gaan lê sommer pens en pootjies plat op my maag op die mat – kruis my arms onder my kop en dan seg ek “Hier’s ek, Here – ek vra niks nou nie Here, ek wil net in U teenwoordigheid wees. (as ek moeg is, of siek voel, of bietjie ‘down’, of diep dankbaar – sal ek vir Hom dit so sê – en dan lê ek maar net… en wag dat Hy my minder maak en Hom meer in my) – Mens moet geduldig wees – en jou kinders moet weet dis wat jy doen – anders skrik hulle hulle dood en bel vir pa of ouma of selfs 10111!! – dit neem soms nogal ‘n hele ruk vir jou kop en hart om stil te raak en in ‘sync’ te kom – maar as dit eers daar is, besef jy weer, daar is geen pil soos daardie op die mark nie!
    Snaaks hoe redelik gemaklik ons kan erken dat ons wel bid – Mense (ongeag geloofsoortuiging het oor die algemeen nogal respek daarvoor) maar wanneer ons sê dat God met ons praat, sal selfs sommige Christene dink ons is schizophrenic…😉
    Kleintjie sê nou die dag: “Weet Mamma hoekom ons ons hande vou as ons bid?” Ek : “Hm?” Hy : “As ons ons hande vou, kan ons niks anders daarmee doen nie… Dan wys ons vir God daar is nou niks belangriker vir ons as om met Hom te praat nie”.
    Jinne – ek sien nou eers die ellelange comment – skuus Ds! Ek probeer altyd ‘n one-liner… maar somehow werk dit net nie uit nie😕

    Like

  4. Q
    17/05/2010 om 09:57

    BB Het jou vertelling geniet. Ongelooflik hoe ons kinders se opregte geloof ons eie vertwyfelinge soms in die skadu gestel het. Ek onthou die baie vreugdevolle oomblikke -as ons kinders in die aande gebid het.-

    Like

  5. Carol
    17/05/2010 om 10:12

    Ai, het ek nou BB se comment geniet…veral die gedeelte van op die mat lê. Ek het nog nooit daaraan gedink om iemand in my gesin in te lig oor wat ek doen nie, want hulle slaap gewoonlik daardie tyd nog, maar ja – dit kan nogal katastrofies wees LOL. Op ‘n ernstiger noot, ja die Onse Vader het by baie ‘n rympie geword wat opgesê word, sonder om te besef wat daar gebid word en tog is dit so ‘n treffende gebed. Baie dankie vir die deel.

    Like

  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: