Tuis > Geestelike lewe > Ons kan 'n verskil maak!

Ons kan 'n verskil maak!

Soms dink ek dat baie van ons so van dag tot dag leef en besig is met ‘n magdom aktiwiteite dat ons nie meer stilstaan en onself afvra of ons werklik ‘n verskil maak nie.

Ek dink ‘n mens maak ‘n verskil as jy waarde by iemand anders se lewe toevoeg. Dan praat ek nie van materiele waarde nie . As jy met jou optrede teenoor ander vir hulle beter lewenskwaliteite gee, voeg jy waarde toe.

Goeie lewenskwaliteite  is onder andere – goeie selfbeeld, menswaardigheid , liefde, volwassenheid , positiewe uitkyk op die lewe, om hulle geestelike en fisies te versorg, aandag te gee aan hulle onmiddelike nood, mense leer om hulle eie gawes en passies uit te leef ens…

As iemand ervaar dat sy lewenskwaliteit verbeter het, sal hy weer op sy beurt aan ander mense se lewens ‘n verskil wil maak !

Ons het  ‘n verantwoordelikheid om almal wat ons pad kruis se lewens positief te beinvloed.

Die praktyk is ongelukkig dat indien ons die klem op mense se tekortkominge laat val, maak ons van hulle negatiewe mense. ‘n Negatiewe mens is weer in sy denke te veel met homself besig. Iemand wat negatief oor homself en die samelewing dink, is ongelukkig nie op diens ingestel nie.

Hoe meer jy goed voel oor jou lewenskwaliteit en die sin van die lewe – hoe meer is jy ingestel op die nood van ander mense.

Ek dink ons is geskape om aan ander mense se lewens  waarde toe te voeg! Die lewe gaan tog oor verhoudings. Jesus het deur Homself te gee die basis vir goeie verhoudings tentoon gestel. Dink daaroor…..

  1. Geen kommentare sover.
  1. No trackbacks yet.

Lewer kommentaar